Val in o­lie­prys ’n di­lem­ma vir O­pul

Beeld - - Nuus - Han­lie S­tad­ler – Bron­ne: Bloom­berg, Mar­ke­tWa­tch

Lan­de wat op hul in­kom­ste uit o­lie staat­maak om hul boe­ke te laat klop, sit met ’n klas­sie­ke Ca­tch-22-si­tu­a­sie.

Hul­le kan o­lie­pro­duk­sie ver­der in­perk in die hoop om pry­se op te druk, maar dit gaan waar­skyn­lik net die ga­ping vir pri­va­te maat­skap­pye in on­der meer die VSA ver­groot om mark­aan­deel te wen deur pro­duk­sie te ver­hoog.

Dié di­lem­ma kom na­dat die Or­ga­ni­sa­sie vir Pe­tro­le­umuit­voer­lan­de (O­pul) se po­ging om die o­lie­prys op te druk die af­ge­lo­pe vyf maan­de klaag­lik mis­luk het.

Die prys van B­rent-ru­o­lie het Vry­dag vir die twee­de dag in ’n ry on­der $50 per vat ge­sluit en die prys van West Tex­as In­ter­me­di­a­te het tot selfs on­der $45 per vat ge­val. B­rent se prys van $46,45 in die loop van Vry­dag was die laag­ste in by­na ses maan­de.

O­pul, wat on­der meer Sa­oe­diAra­bië, Iran en Ni­ge­rië in­sluit, het in No­vem­ber ver­le­de jaar met on­der meer Rus­land saam­ge­span om pro­duk­sie te ver­laag. Die hoop was dat dit o­lie­pry­se, wat in 2015 skerp be­gin val het, weer sou op­druk tot min­stens $60 per vat, ver­kies­lik eer­der $70.

Die per­ke is van krag vir Ja­nu­a­rie tot Ju­nie van­jaar.

S­ka­lie­gas­pro­du­sen­te in die VSA het die ga­ping eg­ter raak­ge­sien en hul pro­duk­sie be­gin ver­hoog. Dit is nou die hoog­ste in by­na twee jaar, vol­gens die In­ter­na­si­o­na­le E­ner­gie-a­gent­skap (IEA).

Vir die jaar tot dus­ver het die o­lie­prys al met 14% ge­val – en dít op pry­se wat his­to­ries reeds laag was. Op die hoog­te­punt in 2013 sou ’n vat B­rent-ru­o­lie jou by­na $120 per vat ge­kos het.

Die da­ling in die o­lie­prys word aan ’n e­nor­me hoe­veel­heid op­ge­berg­de o­lie wê­reld­wyd toe­ge­skryf, voor­raad wat op­ge­bou is ter­wyl die wê­reld­e­ko­no­mie baie traag ge­groei het en brand­stof­ver­bruik dus nie so vin­nig as pro­duk­sie ge­styg het nie.

O­pul oor­weeg dit nou om die oor­een­koms ná Ju­nie te ver­leng.

Vol­gens Ci­ti­group het O­pul nie juis ’n an­der keu­se as om sy per­ke te ver­leng nie. As die per­ke laat vaar word, kan die o­lie­prys tot on­der $40 per vat val.

Hoe­wel die eer­ste re­ak­sie dalk is dat dit goeie nuus is vir SuidA­fri­kaan­se mo­to­ris­te, is dit ’n twee­sny­den­de swaard.

O­lie is een van die twee fak­to­re wat plaas­li­ke brand­stof­pry­se be­paal. Die an­der is die rand, en om­dat Suid-A­fri­ka ’n hulp­bron­ry­ke land is, be­te­ken ’n da­ling in die o­lie­prys dik­wels ook ’n ver­swak­king van die rand.

Daar is wel op die oom­blik ’n ef­fen­se oor­ver­ha­ling in die pe­trol­prys, wat dalk be­te­ken pe­trol sal in Ju­nie goed­ko­per word.

Die IEA voor­spel dat die wê­reld­oor­aan­bod van o­lie in die twee­de helf­te van die jaar sal be­gin ver­min­der as O­pul sy per­ke vol­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.