Buf­fett: Bo­gle ’n held oor in­deks­fond­se

Beeld - - Nuus - Han­lie S­tad­ler

War­ren Buf­fett (86) het Jack Bo­gle, die va­der van pas­sie­we be­leg­gings, eer­gis­ter ’n “held” ge­noem en hom be­dank om­dat hy ge­wo­ne be­leg­gers aan in­deks­fond­se be­kend ge­stel het.

Bo­gle, wat van­dag 88 jaar oud word, is die stig­ter van die ba­te­be­stuurs­fir­ma Van­guard, wat die wê­reld se eer­ste in­deks­fonds ge­skep het.

Hy “het waar­skyn­lik meer vir die ge­wo­ne be­leg­ger ge­doen as e­ni­ge an­der mens in die land,” het Buf­fett Sa­ter­dag op Berks­hi­re Hat­ha­way se jaar­ver­ga­de­ring in O­maha, Ne­bras­ka, ge­sê.

Buf­fett, voor­sit­ter van Berks­hi­re, is be­kend daar­voor dat hy in­deks­fond­se, waar­deur be­leg­gers pas­sief be­lê in al die maat­skap­pye in ’n be­paal­de in­deks (in die Suid-A­fri­kaan­se kon­teks die in­deks van al­le aan­de­le, die top-40-in­deks, die hulp­bron­in­deks en an­der), be­sing. In­deks­fond­se is goed­ko­per om­dat dit vol­gens ’n for­mu­le eer­der as die in­gry­ping van ’n ak­tie­we ba­te­be­stuur­der ge­skied en le­wer vol­gens na­vor­sing op lang ter­myn ’n goeie op­brengs op.

Bo­gle het “tie­ne en tie­ne en tie­ne mil­jar­de” in be­leg­gers se sak ge­plaas “en daar­die sy­fers gaan met­ter­tyd hon­der­de en hon­derd­mil­jar­de wees”.

Teg­no­lo­gie­aan­de­le

Buf­fett het ook ge­sê hy is spyt dat hy nie vroe­ër in Google be­lê

het nie. Die voor­sit­ter van Berks­hi­re Hat­ha­way was nog al­tyd skep­ties oor teg­no­lo­gie-aan­de­le, wat nie juis ge­help is deur die ver­lie­se wat die maat­skap­py met sy be­leg­ging in IBM ge­ly het nie.

“Ek was ver­keerd oor IBM,” het Buf­fett ge­sê. “Ons sal sien of ek ver­keerd is oor Ap­ple.” Dis ’n ver­wy­sing na Berks­hi­re se be­leg­ging van $18 mil­jard in die wê­reld se groot­ste maat­skap­py. Buf­fett sê eg­ter die ver­vaar­di­ger van die iP­ho­ne en iPad is ’n “ver­brui­kers­goe­de­re-maat­skap­py eer­der as ’n teg­no­lo­gie­maat­skap­py”.

Wells Far­go

Soos ver­wag, het Buf­fett uit­ge­vaar teen die bank Wells Far­go, waar­in Berks­hi­re ’n groot be­lang het. Dit het in No­vem­ber aan die lig ge­kom dat Wells Far­go “ge­hei­me re­ke­nin­ge” ge­skep het vir kre­diet­kaar­te waar­voor ver­brui­kers be­taal het, maar waar­van hul­le nie ge­weet het nie.

Foto: REU­TERS

War­ren Buf­fett

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.