Ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie no­dig

Beeld - - Sakenuus - Ul­rich Jou­bert Jou­bert is ’n on­af­hank­li­ke e­ko­noom.

Die af­ge­lo­pe maand is reeds baie ge­skryf en ge­praat oor Suid-A­fri­ka se kre­die­taf­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus.

Hoe lyk die lan­ger­ter­myn-im­pli­ka­sies vir Suid-A­fri­ka?

Se­dert die af­gra­de­ring het ons nog re­la­tief min ver­an­de­rings in die plaas­li­ke fi­nan­si­ë­le mark­te ge­sien. Die rand het ná ’n aan­vank­li­ke ver­swak­king ma­tig her­stel, maar ver­swak nou weer om­dat kom­mo­di­teits­pry­se skerp daal. Ren­te­koer­se is nog nie aan­ge­pas nie en die hui­di­ge vlak van plaas­li­ke ren­te­koer­se het die af­ge­lo­pe tyd ge­help om die rand te on­der­steun en sal dit moont­lik ook in die toe­koms kan ver­mag as daar nie ver­de­re kre­die­taf­gra­de­rings is nie.

Die Re­ser­we­bank is wel be­kom­merd dat ver­de­re af­gra­de­rings kan kom. Dit sal ge­beur as ons nie fi­nan­si­ë­le dis­si­pli­ne hand­haaf en e­ko­no­mie­se groei aan die gang kry nie.

So­ver dit fi­nan­si­ë­le dis­si­pli­ne be­tref, hang dit baie af van die be­leid wat die nu­we po­li­tie­ke lei­ers en hul span by die te­sou­rie in ko­men­de

maan­de en ja­re sal volg. Tans ver­se­ker die mi­nis­ter dat hy nie sal af­wyk van die be­staan­de be­leid nie. Daar is eg­ter on­se­ker­heid oor die druk op hom om die pre­si­dent en sy vrien­de ter wil­le te wees, of meer so­si­a­lis­me toe te laat wat die staat­fi­nan­sies on­der nog druk sal plaas.

Be­te­ken ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie dat staats­in­men­ging in die e­ko­no­mie af­neem en by­dra tot meer ef­fek­tie­we werk­ver­rig­ting in die e­ko­no­mie so­dat groei ver­snel en meer werk­ge­leent­he­de ge­skep word? Of be­te­ken dit dat die be­staan­de e­ko­no­mie­se ba­tes net on­der meer men­se ver­deel word en ar­moe­de eint­lik toe­neem? Dit ter­wyl die ri­si­ko be­staan dat ons nie die no­di­ge bui­te­land­se ka­pi­taal gaan kry om e­ko­no­mie­se groei te on­der­steun nie.

Die hui­di­ge si­tu­a­sie her­in­ner baie aan dit wat in die mid­del-80’s in Suid-A­fri­ka ge­beur het en uit­ein­de­lik tot die S­kuld­stil­stand ge­lei het.

Die on­der­lig­gen­de fak­to­re was e­wen­eens die po­li­tie­ke om­ge­wing. Die des­tyd­se ver­ban­ne ANC, as­ook sy sim­pa­tie­ke bin­ne­land­se en bui­te­land­se on­der­steu­ners het ver­skerp­te sank­sies teen die land be­pleit. Daar was ook oor-op­ti­mis­tie­se ver­wag­tin­ge dat die Ru­bi­con-toe­spraak van

1985 om­vang­ry­ke ver­an­de­rings in die bin­ne­land­se po­li­tie­ke be­stel sou aan­kon­dig.

Die toe­spraak was te­leur­stel­lend en het aan feit­lik geen van die ver­wag­tin­ge vol­doen nie. Weens bui­te­land­se druk en die te­leur­stel­ling het A­me­ri­kaan­se en an­der bui­te­land­se ban­ke be­sluit om le­nings wat tot in dié sta­di­um aan Suid-A­fri­ka toe­ge­staan was, nie te her­nu nie en ook nie nu­we le­nings toe te staan nie.

Bui­te­land­se le­nings moes te­rug­be­taal word, son­der dat nu­we ka­pi­taal die ka­pi­taal­hon­ger land bin­ne­kom.

Die Re­ser­we­bank was ge­nood­saak om die S­kuld­stil­stand aan te kon­dig, wat mee­ge­bring het dat die bui­te­land­se skuld oor baie ja­re aan die kre­diet­ver­skaf­fers te­rug­be­taal is.

Weens die ge­brek aan in­ves­te­ring­s­ka­pi­taal en om­dat die bin­ne­land­se vraag ge­demp moes word om die be­ta­lings­ba­lans te be­skerm, is SA se groei­koers be­na­deel tot­dat sank­sies ná die 1994-ver­kie­sing op­ge­hef is en die land weer vrye toe­gang tot die in­ter­na­si­o­na­le fi­nan­si­ë­le mark­te ge­had het.

Dit was eg­ter nie net fi­nan­si­ë­le ka­pi­taal wat SA in die 80’s ver­laat het nie. Baie bui­te­land­se en plaas­li­ke men­se­ka­pi­taal of kun­dig­heid het toe en se­dert­dien die land ver­laat.

In­dien ver­de­re af­gra­de­ring volg, sal ons in die­self­de si­tu­a­sie wees – dié keer weens die on­na­den­ken­de op­tre­de deur pres. Ja­cob Zu­ma.

Dit sal tot ’n ver­de­re uit­vloei van bui­te­land­se en plaas­li­ke be­leg­gings uit ons fi­nan­si­ë­le mark­te lei en ons toe­gang tot in­ter­na­si­o­na­le fi­nan­si­ë­le mark­te ge­wel­dig be­perk.

Dit sal die plaas­li­ke e­ko­no­mie­se lang­ter­myn­groei be­perk tot min­der as die hui­di­ge 2%-groei­po­ten­si­aal weens ver­al die af­we­sig­heid van in­ves­te­ring­s­ka­pi­taal, aan­deel­pry­se laat daal wat pen­si­oen­fond­se en pen­si­oe­na­ris­se na­de­lig sal tref, werk­loos­heid en dus so­si­a­le on­rus sal laat toe­neem en die lands­bur­gers in die al­ge­meen ver­arm.

Die re­ge­ring en die ANC sal in die ko­men­de maan­de en ja­re erns­tig moet be­sin oor po­li­tie­ke skui­we en die re­ge­rings­be­leid – ver­al wat die e­ko­no­mie be­tref.

Oor­ma­ti­ge staats­in­men­ging, die to­ta­le ar­beids­be­de­ling, al die fa­set­te van on­der­wys en op­lei­ding, as­ook die vei­lig­heid­si­tu­a­sie in SA moet on­der die loep ge­neem word en ra­di­ka­le trans­for­ma­sie on­der­gaan in­dien ons ’n re­ën­boog­wen­na­sie wil word.

Foto: PIXABAY

Sal Suid­A­fri­ka sy plek op die as­hoop van die wê­reld­e­ko­no­mie in­neem of iets daar­aan doen eer­der as om daar­oor te praat?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.