Gi­ga­ba kel­der De­nel­tran­sak­sie met VR La­ser

Beeld - - Sakenuus -

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het na be­rig word halt ge­roep oor die mul­ti­mil­jard­rand-tran­sak­sie tus­sen die staats­be­heer­de wa­pen­ver­vaar­di­ger De­nel en VR La­ser A­sia, wat Gup­ta-ban­de het.

Gi­ga­ba het vol­gens ’n be­rig in Sun­day Ti­mes vir Dan Matsha, voor­sit­ter van De­nel se di­rek­sie, Vry­dag na Dur­ban (waar die Wê­reld- E­ko­no­mie­se Forum (WEF) oor A­fri­ka die af­ge­lo­pe week ge­hou is) ont­bied om sy kom­mer oor die tran­sak­sie te be­spreek.

Gi­ga­ba het Matsha glo be­veel om De­nel se hof­ge­ding met die te­sou­rie te laat vaar.

Gi­ga­ba se voor­gan­ger Pra­vin Gord­han wou niks van die tran­sak­sie weet nie en De­nel het ein­de Maart hof­stuk­ke in­ge­dien waar­in hy ver­soek dat die hof ver­klaar dat sy ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming met VR La­ser A­sia, wat tot die tot­stand­ko­ming van De­nel A­sia ge­lei het, aan al­le wets­voor­skrif­te vol­doen het. Die storm oor die ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming se re­gis­tra­sie in Hong­kong het ver­le­de jaar los­ge­bars toe dit aan die lig ge­kom het dat A­jay Gup­ta se oud­ste seun, Ka­mal Kant Sing­ha­la (24), ’n di­rek­teur van VR La­ser is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.