Mon­nas kook met Prins­loo aan spits en wen Tuks­reeks

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé

Die Ho­ër­skool Mo­nu­ment het kor­te met­te met die Ho­ër­skool Dr. EG Jan­sen in die eind­stryd van die Tuks­reeks ge­maak.

Mon­nas het die eind­stryd van dié reeks, wat vroeg in Maart be­gin het, Sa­ter­dag met 50-13 in die LC de Vil­liers-sta­di­on in P­re­to­ria ge­wen.

Soos die ge­val in die mees­te eind­stry­de is, het al­bei span­ne me­kaar eers goed deur­ge­kyk en lyn­skop­pe vir ge­bieds­voor­deel was aan die or­de van die dag.

Mon­nas het eg­ter nie lank kat-en­muis ge­speel nie.

Die span se kook­wa­ter-heel­ag­ter, Dan­dré Prins­loo, het in die vyf­de mi­nuut teen die kant­lyn af­ge­na­el, ’n steek­skop­pie vo­ren­toe ge­gee wat hy self weer op­ge­pik het en die bal net op die reg­te oom­blik vir sy sen­ter Lu­ke Ros­souw ge­gee, wat in die hoe­kie oor­ge­duik het.

Daar­na is die ys ge­breek en die be­ken­de Mon­nas-rug­by het te voor­skyn ge­kom.

Die Wit Bul­le het Jan­sies deur­me­kaar ge­hard­loop.

Mon­nas het EG se doel­lyn mee­do­ën­loos aan­ge­val en met re­ël­maat suk­ses be­haal.

Vir Dr. EG Jan­sen wou die din­ge maar net nie uit­werk nie. Hy het al­les pro­beer wat hy kon, maar dit het voor­ge­kom of die Jan­sies met ’n hand­rem aan speel. Dy­lan S­chwartz het hul tel­bord met ’n straf­doel aan die rol ge­kry.

Daar­na het ’n uit­ste­ken­de stuk­kie spel deur D­way­ne Fou­rie, wat mooi deur Mon­nas se ver­de­di­ging ge­sny het, uit­ge­loop op die Jan­sies se eer­ste drie, deur Kee­nen Oe­lof­se.

Dit was on­ge­luk­kig die e­nig­ste lig­punt­jie vir EG in die eer­ste helf­te en met die aan­breek van die rus­tyd was Mon­nas ste­wig in die saal met ’n voor­sprong van 29-8.

In die twee­de helf­te het daar so ’n bie­tjie in­di­vi­du­e­le spel on­der Mon­nas se spe­lers in­ge­kruip en die aan­rol van die tel­bord het bie­tjie op­ge­droog. Maar Prins­loo, die Spe­ler van die Wed­stryd, het kort daar­na ’n drie gaan druk ná ’n stuk­kie uit­ste­ken­de spel.

Hoe­wel die Jan­sies nie hul voe­te kon vind nie, het hul heel­ag­ter, Hugo Claas­sen, die span se twee­de drie ge­druk.

Mon­nas se voor­spe­lers, met die ha­ker, Mor­né Brandon, en die los­trio van Lar­ko Lin­des, Fran­co S­chut­te en die kap­tein, PJ Ja­cobs, aan die spits, het EG deur­me­kaar ge­hard­loop.

Mon­nas se ag­ter­lyn het in die twee­de helf­te ook na ’n ho­ër rat ver­wis­sel. Die sen­ter­paar van Ros­souw en Ju­an­dré B­rey­ten­bach is baie goed on­der­steun deur die twee spoed­vra­te op vleu­el, B­ren­dan Bui­ten­bach en Di­an Oost­hui­zen.

■ In die stryd om die der­de en vier­de plek­ke het die Ho­ër­skool Gars­fon­tein die Ho­ër­skool Nel­spruit met 3220 ge­klop.

Foto: MA­RI­US NOR­TJÉ

Dan­dré Prins­loo, heel­ag­ter van Mo­nu­ment, en S­hal­don Ri­va­bel­la van Dr. EG Jan­sen, strek al­bei om hul han­de op die bal te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.