Af­fies ver­loor in dood­snik­ke van taai stryd

Van Zyl woe­ker teen G­rey

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Dit het ’n straf­doel in die dood­snik­ke van die wed­stryd ge­verg om die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein die knie voor die ge­dug­te G­rey-kol­le­ge te laat buig.

G­rey het dié in­ter­sko­le­wed­stryd met 35-32 ge­wen.

Die span van Bloem­fon­tein word van­jaar as een van die voor­ste sko­le­span­ne in die land ge­re­ken en dié na­el­byt­se­ge oor Af­fies was straks ’n ty­di­ge wek­roep voor sy groot stryd die na­week.

Die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl, on­oor­won­ne in 45 wed­stry­de, en G­rey pak me­kaar Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein in wat be­loof om ’n skou­spel te wees.

G­rey se bin­ne­sen­ter, Ri­kus P­re­to­ri­us, het Sa­ter­dag die straf­skop deur die pa­le ge­jaag wat Af­fies se har­te ge­breek het. P­re­to­ri­us het ’n bul­wed­stryd ge­speel.

Die SA Sko­le-sen­ter het nie net twee keer gaan druk nie, hy was ook met drie doel­skop­pe en drie straf­doe­le in die kol wat sy by­drae 25 pun­te ge­maak het.

Maar dit was so hit­te­te of Af­fies het met ’n se­ge weg­ge­stap. Ná die rus­tyd het sy skrum­ska­kel, Jo­han Mul­der, gaan druk, voor­dat die ha­ker, Jo­han van Zyl, twee keer oor­ge­duik het.

Van Zyl was deu­ren­tyd woe­lig in die vas­te­los.

Met die tel­ling op 32-25 in die P­re­to­ri­a­ners se guns en min­der as vyf mi­nu­te se speel­tyd oor het dit nog ge­lyk op die Wit Bul­le gaan se­ë­vier.

Maar G­rey het an­der plan­ne ge­had en sterk ka­rak­ter ge­toon.

Die reg­ter­vleu­el, Henk Cil­liers, het gaan druk en P­re­to­ri­us se doel­skop het sa­ke weer ge­lyk­op ge­maak.

Die tuis­span het daar­na ver­woed aan­ge­val en toe Af­fies in hul eie kwart­ge­bied on­kant­spel ge­pleeg het, het P­re­to­ri­us geen fout met die straf­skop ge­maak nie.

G­rey het voor die wed­stryd ’n te­rug­slag be­leef toe sy voor­keur-los­ska­kel, Chris­to­pher S­chreu­der, hom weens ’n rug­be­se­ring aan die span moes ont­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.