Lich­ten­burg oor­leef te­rug­veg­po­ging

Beeld - - Sport - Ray­ni­que Mey­er

Die Ho­ër­skool Lich­ten­burg moes eer­gis­ter­mid­dag in die eind­stryd van die Puk­ke Pres­ti­ge-rug­by­reeks wal gooi om ’n skit­te­ren­de te­rug­veg­po­ging van die Ho­ër­skool Marais Vil­joen te trot­seer.

Lig­gies het eg­ter ge­noeg ge­doen om die span van Al­ber­ton met 29-22 in die Fa­nie du Toit-sta­di­on in Pot­chef­stroom te klop. Hul­le het so­doen­de hul ti­tel suk­ses­vol ver­de­dig.

Lich­ten­burg se spog­sen­ter T­ho­mas Be­von het die eer­ste pun­te van die wed­stryd aan­ge­te­ken toe hy ’n drie ge­druk het wat deur sy kap­tein en los­ska­kel, Lo­hann Jahns, ver­doel is.

Marais Vil­joen se Henk de Lan­ge is met ’n geel­kaart van die veld ge­stuur en dit het die teen­stan­ders se Jahns die ge­leent­heid ge­gee om hul voor­sprong tot 10-0 te ver­groot.

Lig­gies se ag­ter­lyn kon vir hul le­wen­di­ge skrum­ska­kel, Max Wil­li­am­son, ’n ga­ping skep om nog vyf pun­te by te dra en Jahns het suk­ses­vol ver­doel.

Die tel­ling was skie­lik 17-0 in die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen se guns.

Marais Vil­joen het sy han­teer­fou­te T­ho­mas Be­von, sen­ter van Lich­ten­burg, duik oor vir sy drie eer­gis­ter teen Marais Vil­joen.

be­gin be­perk en Jo­han­nes Kru­ger het in die hoek gaan druk om sy span te­rug in die wed­stryd te bring.

’n Goeie ag­ter­lyn­be­we­ging van Marais Vil­joen het ’n ge­leent­heid vir sy lin­ker­vleu­el, Lu­ke Jon­ker, ge­skep om Lich­ten­burg se voor­sprong tot 17-10 te laat krimp.

B­ren­don Mar­chbank was weer on­suk­ses­vol met die doel­skop.

Marais Vil­joen het hier­na ’n goeie dryf­be­we­ging van sta­pel ge­stuur en sy ha­ker, Ri­chard Mey­er, het ge­druk.

Mar­chbank het ver­doel en die Al­ber­ton­ners was te­rug in die stryd. Die rus­tyd­tel­ling was 17-elk.

Ná die om­draai­slag kon Lig­gies se heel­ag­ter, Do­no­van Ser­fon­tein, weer sy span help om die voor­tou met 22-17 te neem. Jahns kon nie ver­doel nie.

Dank­sy ’n ga­ping in Lig­gies se ver­de­di­gings­lyn kon Marais Vil­joen se slot T­heu­nis M­ül­ler met ’n drie die ag­ter­stand uit­wis om die tel­ling op 22-elk te staan te bring.

Die spe­lers se hu­meu­re het op­ge­vlam en Mey­er het, na­dat hy ’n “soen­tjie” vir Lig­gies se Jo­han­no Coet­zee ge­blaas het, die veld met ’n geel­kaart ver­laat.

Met slegs 14 Marais Vil­joen-spe­lers op die veld was dit die vaart van Lig­gies se reg­ter­vleu­el, Be­tru Jo­nes, wat sy span in ’n po­si­sie kon kry om die steel­kant­flank, Ti­aan Wag­ner, oor die lyn te stuur vir sy span se se­ge van 29-22.

En ná sy uit­ste­ken­de te­rug­veg­po­ging het Marais Vil­joen waar­dig as naas­wen­ners uit die stryd ge­tree.

Foto: MARIO VAN DE WALL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.