Ben Vor­ster be­haal hon­derd­tal

Beeld - - Sport -

108-7.

Dít is maar ’n droe­wi­ge krie­ket­tel­ling, maar in rug­by­ter­me is dit ’n lie­der­li­ke drag slae.

En dit is pre­sies die tel­ling waar­mee die Ho­ër­skool Ben Vor­ster vir die Ho­ër­skool Lou­is T­ri­chardt die na­week af­ge­slag het.

Ben Vor­ster se lin­ker­vleu­el, S­hi­ma Mo­le­po, het vyf drieë ge­druk in dié stryd in die Vir­se­ker­be­ker-reeks vir groot sko­le in Lim­po­po.

Die heel­ag­ter, Mel­vin Maake, het self vier keer ag­ter die doel­lyn gaan kui­er. Ja­c­ques Mul­der, sen­ter, en Nyi­ko Nt­le­mo, stut, het al­bei twee drieë ge­druk.

DJ du P­reez het Lou­is T­ri­chardt se e­nig­ste drie ge­druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.