Im­pak, wat se im­pak?

An­der din­ge lol ook

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die C­hee­tahs het Vry­dag­aand in Bloem­fon­tein in hul Su­per­rug­by­wed­stryd teen die High­lan­ders ge­wys hul­le kan goeie rug­by speel, maar daar is tog iets wat ont­breek.

Vol­gens kol. Peet K­leyn­hans, ’n voor­ma­li­ge af­rig­ter van die Vry­staat-C­hee­tahs, het hul­le baie goeie rug­by ge­speel, want dit verg ’n goeie span om drieë teen die High­lan­ders te druk.

Wat hom pla, is die im­pak wat die plaas­ver­van­gers ge­maak het toe hul­le op die veld ge­stuur is.

Dit geld nie net Vry­dag se wed­stryd nie maar die he­le sei­soen.

“Tot en met die plaas­ver­van­gers op­ge­stuur is, het die C­hee­tahs goed ge­speel. Toe ver­an­der din­ge. Ek weet nie of die spe­lers wat ver­vang is, be­se­rings op­ge­doen het nie. Ek weet ook nie wat in die bin­ne­krin­ge aan­gaan nie, maar die plaas­ver­van­gers het nie ’n groot im­pak ge­had nie.

“Ek glo dat el­ke spe­ler vir 80 mi­nu­te moet kan speel. As daar nie plaas­ver­van­gers was nie sou dié spe­lers wat op die veld was in elk ge­val die he­le wed­stryd moes speel,” sê K­leyn­hans.

Hy sê hy kan nie fout vind met die fiks­heid van die C­hee­tahs nie, want hy sien hoe hul­le oe­fen en glo die af­rig­ters doen goed daar­mee.

Hy glo die C­hee­tah-spe­lers sal ’n kop­skuif moet maak, ver­al as dit kom by wed­stry­de soos Vry­dag­aand s’n, waar hul­le in ’n po­si­sie was om dit te wen.

“Ons (Suid-A­fri­kaan­se span­ne) meet ons­self aan die Nieu-See­land­se span­ne en as ek kyk na die an­der Suid-A­fri­kaan­se span­ne wat teen hul­le speel, dan dink ek die C­hee­tahs doen heel goed.

“Daar­om kan ek nie wag om te sien wat hul­le teen die Blu­es en die Hur­ri­ca­nes gaan doen nie,” sê K­leyn­hans.

Wat die C­hee­tahs ver­der kel­der, is dat hul­le van die be­gin van die sei­soen die­self­de rug­by speel en dit gee die teen­stan­ders meer as ge­noeg kans om daar­vol­gens te be­plan, meen hy.

“Ná ’n af­skop speel ons in ons eie kwart­ge­bied en die teen­stan­ders lees dit. Ons speel ons­self dan moeg en hul­le weet wat om te doen.

“Daar word ook dik­wels doel­loos ge­skop; ons speel ons­self in die moei­lik­heid in en ver­ras nie meer die teen­stan­ders nie.”

Hy sê die span­ne in die reeks het ont­le­ders en hul­le sien pre­sies wat die C­hee­tahs doen en doen dan hul be­plan­ning rond­om ver­de­di­ging, daar­vol­gens.

Nog ’n as­pek van die C­hee­tahs se spel wat aan­dag kort, is die be­sluit­ne­ming, meen K­leyn­hans.

“Ons be­sluit­ne­mers is nog nie so skerp nie. Kyk by­voor­beeld Vry­dag­aand; die eer­ste spe­ler wat die bal ont­vang ná ’n af­skop, skop die bal weg met ’n vier-teen-een-si­tu­a­sie. Ons het vier spe­lers wat kan aan­val teen­oor een ver­de­di­ger en ons skop die bal weg. Ons het ge­wys ons kan goed aan­val, hoe­kom doen ons dit dan nie?” wil K­leyn­hans weet.

Die C­hee­tahs se Tor­sten van Jaars­veld was goed op die aan­val teen die High­lan­ders. Foto: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.