Ma­ry­ka gee C­ri­nums woe­ma

An­der span­ne sal nou on­rus­tig slaap

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Netbal is ’n span­sport, maar ’n mens wil jou ver­stout deur te sê die C­ri­nums het hul ver­mis­te ska­kel ge­vind.

Die Pro­tea-hulp­doel en -kap­tein Ma­ry­ka Holtz­hau­sen het haar dié na­week by haar span­maats aan­ge­sluit en skie­lik loop din­ge glad vir die ver­de­di­gen­de kam­pi­oe­ne in die na­si­o­na­le P­re­mier­liga-reeks.

Dié Vry­staat­se span het die eer­ste drie wed­stry­de in die reeks ver­loor, maar Sa­ter­dag en gis­ter in Kaap­stad twee be­lang­ri­ke oor­win­nings be­haal.

Die C­ri­nums het die OosKaap­se Aloes gis­ter met 63-36 ge­klop. Die rus­tyd­tel­ling was 32-18.

Holtz­hau­sen het Sa­ter­dag­aand ná agt en ’n hal­we maan­de langs die kant­lyn weens ’n knie­be­se­ring in die der­de kwart teen die King­dom S­tars op die baan ge­draf en da­de­lik ’n im­pak ge­maak.

Die C­ri­nums het die S­tars met 52-32 ge­klop.

Die an­der top-span­ne sal on­rus­tig slaap oor die C­ri­nums se “ont­wa­king”.

Die kom­pe­ti­sie raak nou in­te­res­sant met die Sout­hern S­tings, die Ja­guars van Noord-Gau­teng, die Fla­mes van Noord­wes en die Fi­re­balls van Gau­teng wat al­mal agt pun­te het.

Al­mal het eg­ter nie ewe veel wed­stry­de ge­speel nie.

Die S­tings het vreemd ge­noeg die na­week net een wed­stryd voor hul tuis­ska­re ge­speel. Hul­le het die Aloes met 68-30 ge­klop.

Die Fla­mes se be­lang­rik­ste oor­win­ning was Vry­dag­aand s’n oor die Ja­guars (48-45).

Die Ja­guars het ná dié glip­sie hul­le reg­ge­ruk en die Lim­po­po Ba­o­babs Sa­ter­dag met 53-27 ge­klop.

Gis­ter­og­gend het die Gol­den Fi­re­balls die re­kord­boe­ke her­skryf.

Die ar­me Di­a­monds van die Noord-Kaap lyk al­ler­mins soos ’n di­a­mant. Hul­le het hul vyf­de ne­der­laag ge­ly en kon net tien doe­le teen­oor die 90 van die Gau­ten­gers aan­te­ken.

Dit is die min­ste doe­le wat nog in die P­re­mier­liga aan­ge­te­ken is se­dert die kom­pe­ti­sie in 2014 be­gin het.

Voor gis­ter was die mees­te doe­le wat tot nog toe teen die

Di­a­monds aan­ge­te­ken is, die 82 wat die Fla­mes in 2016 op­ge­sta­pel het.

Bur­ta de Kock, die C­ri­nums­af­rig­ter, sê sy is bly om Holtz­hau­sen te­rug te hê.

“Maar ons pro­beer ver­skil­len­de kom­bi­na­sies, in­slui­ten­de Ma­ry­ka. Par­ty spe­lers het nog nie saam met haar ge­speel nie,” sê De Kock.

Die af­rig­ter sê sy is baie op­ge­won­de

oor die drie 18-ja­ri­ges wat die na­week ge­speel het – Le­fe­bre Ra­de­man, Luscha Pie­naar en Me­a­gan Roux.

“Hul­le het hul kant ge­bring en die se­ni­ors sal weet hul­le sal moet werk vir hul plek in die span,” sê De Kock.

Vol­gen­de na­week se wed­stry­de word in die Ve­lo­dro­me in Bell­vil­le ge­speel.

Ma­ry­ka Holtz­hau­sen in ak­sie vir die C­ri­nums in Sa­ter­dag se stryd teen die S­tars. Foto: BACKPAGEPIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.