In­dië stem in tot deel­na­me aan krie­ket­toer­nooi

Beeld - - Sport -

In­dië sal wel aan aan­staan­de maand se toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee in En­ge­land deel­neem, het die land se krie­ket­raad gis­ter be­ves­tig. In­dië is die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen.

Die aan­kon­di­ging het we­ke van be­spie­ge­ling be­ëin­dig oor die span se deel­na­me aan die kits­toer­nooi.

Die In­die­se Krie­ket­raad (BCCI) het deel­na­me be­ves­tig ná ’n nood­ver­ga­de­ring in Ni­euDel­hi die na­week. Die BCCI het ge­dreig om die toer­nooi te boi­kot weens on­te­vre­den­heid oor hoe die in­kom­ste ver­deel word wat die sport in­bring deur krie­ket se glo­ba­le be­heer­lig­gaam, die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ke­raad (IKR).

“Die BCCI het een­pa­rig be­sluit dat die na­si­o­na­le een­dag­span wel sy ti­tel in die toer­nooi gaan ver­de­dig,” het die raad se ver­kla­ring gis­ter ge­lui.

Hy het by­ge­voeg die span vir die toer­nooi oor 50 beur­te, wat op 1 Ju­nie be­gin, sal van­dag be­kend ge­maak word.

Die BCCI het vroe­ër die sper­tyd mis­ge­loop om sy span aan te kon­dig en ge­dreig om aan die toer­nooi te ont­trek oor sy gel­de­li­ke dis­puut met die IKR.

Dié ge­skil spruit uit die IKR se aan­kon­di­ging ver­le­de maand dat die in­kom­ste uit krie­ket e­we­re­di­ger tus­sen lid­lan­de ver­deel sal word. Prak­ties be­te­ken dit die so­ge­naam­de Groot Drie – In­dië, En­ge­land en Aus­tra­lië – kry voort­aan ’n klei­ner sny van die geld­koek. Die BCCI sal na ver­wag­ting oor die vol­gen­de agt jaar na­ge­noeg $277 mil­joen ver­loor weens die IKR se nu­we in­kom­ste­be­leid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.