Al­va­rez mors met ‘slaan­sak’ C­ha­vez in Las Ve­gas

Beeld - - Sport -

Saul (Ca­ne­lo) Al­va­rez het Sa­ter­dag­aand in Las Ve­gas ’n een­pa­ri­ge pun­te­se­ge oor sy Mex­i­kaan­se land­ge­noot Ju­lio C­ha­vez jr. in hul boks­ge­veg oor 12 ron­des be­haal.

Die twee ge­swo­re vy­an­de het vir ja­re ge­dreig om hand­ge­meen te raak. Al­va­rez is voor­af as die guns­te­ling be­skou en hy het Sa­ter­dag­aand ge­wys hoe­kom.

Hy het C­ha­vez, wat 10 cm lan­ger as hy is, eint­lik as ’n slaan­sak ge­bruik en vol­gens die drie skeid­reg­ters al 12 ron­des ge­wen.

Hy het ma­le son­der tal sy land­ge­noot met steek­hout­jies, haak­houe en links-regs-kom­bi­na­sies ge­tref.

Al­va­rez het die een­sy­di­ge af­fê­re soos ’n skerm­ses­sie in die gim­na­si­um be­na­der. Hy het selfs tus­sen ron­des in sy hoek bly staan, eer­der as om op die hoek­stoel­tjie ’n blaas­kans te neem.

C­ha­vez se ver­to­ning was so te­leur­stel­lend dat die ska­re in die T-Mo­bi­le-sta­di­on hom uit­ge­jou het. Teen die ein­de van die ge­veg het die 31-ja­ri­ge se neus erg ge­bloei en sy lin­ker­oog was by­kans toe­ge­swel.

Al­va­rez het 228 houe ge­loods teen­oor C­ha­vez se 71. ’n In­druk­wek­ken­de 31 per­sent van die wen­ner se houe het die kol ge­tref en hy het C­ha­vez, seun van die be­roem­de Ju­lio Ce­sar C­ha­vez sr., to­taal oor­ska­du.

As lig-mid­del­ge­wig­kam­pi­oen van die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie het Al­va­rez ná de­se sy re­kord na 49-1-1 ver­be­ter met die e­nig­ste loe­sing die een wat hy in 2013 teen Floyd Ma­y­we­at­her op die lyf ge­loop het.

Sa­ter­dag s’n was nie ’n ti­tel­ge­veg nie, aan­ge­sien Al­va­rez ge­wig moes aan­sit om in ’n swaar­der af­de­ling teen die veel gro­ter C­ha­vez te boks.

Foto: GETTY IMAGES

Saul Al­va­rez tref sy land­ge­noot Ju­lio C­ha­vez jr. met ’n lin­ker in hul ge­veg Sa­ter­dag­aand in Las Ve­gas. Al­va­rez het ’n een­pa­ri­ge pun­te­se­ge be­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.