Gaan res Alon­so volg?

Beeld - - Sport -

Al hoe meer For­mu­la Een­ren­ja­ers kan dalk bin­ne­kort die ge­wil­de A­me­ri­kaan­se In­di­a­na­po­lis 500­ren in hul vi­sier hê na­dat die twee­ma­li­ge Grand P­rix­wê­reld­kam­pi­oen Fer­nan­do Alon­so ein­de van­dees­maand sy de­buut daar maak.

Só sê die In­dyCar­groot­baas, Mark Mi­les. Hy was eg­ter vin­nig om by te voeg daar is nie ’n groot­skeep­se veld­tog om nog F1­ster­re na sy wed­ren te lok nie.

“Dis nie ’n stra­te­gie vir ons nie,” het Mi­les Sa­ter­dag ge­sê.

“Ek dink Fer­nan­do se be­sluit om in die In­dy 500 te kom jaag, was die ge­volg van ’n sa­me­loop van u­nie­ke om­stan­dig­he­de. Ons gaan be­slis nie die Grand P­rix­reeks soos ’n ska­du­wee volg in ’n po­ging om van die top­ja­ers daar weg te rok­kel nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.