Su­nil e­we­naar re­kord

Beeld - - Sport -

Su­nil Na­ri­ne, aan­vangs­kol­wer van die Kol­ka­ta K­nig­ht Ri­ders, het die re­kord vir die vin­nig­ste vyf­tig­tal in die In­die­se P­re­mier­liga in hul wed­stryd teen die Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re gis­ter in Ban­ga­lo­re ge­ë­we­naar.

Hy het geen lo­pies van die eer­ste twee af­le­we­rings na hom aan­ge­te­ken nie, maar toe 50 lo­pies in die vol­gen­de 13 bal­le ge­klits. Die hot­klou het hom daar­mee aan­ge­sluit by Yu­suf Pat­han, wat in 2014 ook vir KKR teen die Sun­ri­sers Hy­de­ra­bad net 15 bal­le be­no­dig het.

Na­ri­ne (54, 17b 6x4; 4x6) het ge­help dat KKR 105/0 in die eer­ste ses beur­te aan­te­ken, wat ’n nu­we re­kord in die krag­spel is.

KKR (159/4 in 15.1 bbe.) het met ses paal­tjies ge­wen na­dat RCB tot 158/6 be­perk is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.