‘SA spe­lers nie fiks ge­noeg’

Uit­tog van se­ni­or spe­lers óók fak­tor

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Dit is dui­de­lik die Suid-A­fri­kaan­se span­ne sal fik­ser moet wees om suk­ses te be­haal in Su­per­rug­by, sê S­cott Ro­bert­son, die Cru­sa­ders se af­rig­ter.

Nieu-See­land­se rug­by­lui is ge­woon­lik die ene di­plo­ma­sie wan­neer die aan­sien­li­ke ga­ping in dié kom­pe­ti­sie tus­sen die Ni­euSee­land­se span­ne en die res ter spra­ke kom.

Ro­bert­son het, na­dat sy span die Bul­le Sa­ter­dag met min­ag­ting 62-24 op Lof­tus Vers­feld af­ge­ran­sel het, ’n dui­de­li­ke waar­sku­wing ge­rig: jy moet su­per­fiks wees.

Die Cru­sa­ders het tien keer gaan druk – vyf drieë voor en ná rus­tyd.

“In Su­per­rug­by moet jy met goeie vaar­dig­he­de teen ’n vin­ni­ge pas kan speel.

“Jy maak fou­te as jy be­gin moeg raak. Wan­neer ons die pas van­aand ver­snel het, het die Bul­le ge­suk­kel om by te bly. Dit was baie dui­de­lik.”

Die drie Suid-A­fri­kaan­se fran­chi­ses wat van­jaar Nieu-See­land­se teen­stand het, die Bul­le, die S­tor­mers en die C­hee­tahs, kry die een groot loe­sing ná die an­der.

In die tien krag­me­tings tot dus­ver tus­sen dié lan­de se fran­chi­ses, is dit nog net die S­tor­mers wat ’n en­ke­le se­ge kon be­haal.

Die Suid-A­fri­kaan­se span­ne is ook ge­neig om in die twee­de helf­te uit te sak. Die S­tor­mers en die Hur­ri­ca­nes was Vry­dag in Wel­ling­ton 22-22 ge­lyk­op kort ná rus­tyd, maar die be­soe­kers het uit­ein­de­lik 22-41 ver­loor.

Die C­hee­tahs was Vry­dag­aand in Bloem­fon­tein in die 75ste mi­nuut nog 41-24 voor teen die High­lan­ders. Toe die eind­fluit­jie blaas het die Ki­wi’s met ’n se­ge (45-41) van die veld ge­stap.

Daar was ook ver­le­de sei­soen vrae oor die S­pring­bok­ke se fiks­heids­vlak­ke.

Die Bok­ke was by­voor­beeld in die Dur­ban-toets teen die All Blacks in die Rug­by­kam­pi­oen­skap teen rus­tyd net 9-12 ag­ter, maar het met 15-57 ver­loor.

“Die Bul­le kon nooit hul­le stem­pel af­druk nie as ge­volg van die pas waar­teen ons ge­speel het.

“Van die drie Suid-A­fri­kaan­se teen wie ons die af­ge­lo­pe drie we­ke te staan ge­kom het, was die C­hee­tahs waar­skyn­lik ons moei­lik­ste teen­stan­der om­dat hul­le ook vin­nig speel.

“Jy moet kan sterk ein­dig en die fik­ser span gaan al­tyd die bo­toon voer.”

Ro­bert­son meen voorts die groot uit­tog van spe­lers na Eu­ro­pa hét ’n im­pak op Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

“Ek dink baie er­va­re spe­lers sou nog hier (op Lof­tus Vers­feld) ge­speel het, maar is nou in Eu­ro­pa. Jy het se­ni­or spe­lers no­dig om die jong man­ne tou­wys te maak en te leer wat no­dig is om vir die Bul­le te speel.

“Daar is be­slis ’n groot ga­ping (tus­sen se­ni­or en jong spe­lers) en daar is ál min­der er­va­ring en diep­te in die Suid-A­fri­kaan­se en Aus­tra­lie­se span­ne.”

Die Cru­sa­ders-kap­tein, Matt Todd, het ge­sê die Bul­le was ou­der­ge­woon­te baie fi­siek.

“Dit is nooit mak­lik teen ’n Suid-A­fri­kaan­se span nie. My

lyf is seer. Ons het in die ver­le­de be­lang­ri­ke wed­stry­de hier ver­loor en ek is trots op ons ver­to­ning.”

Ro­bert­son was nie daar­van be­wus dat die Cru­sa­ders die

tuis­span ’n re­kord-ne­der­laag toe­ge­dien het nie.

“Ek het dit nie ge­weet nie, maar ons sal dit be­slis koes­ter.

“Dan Car­ter (die voor­ma­li­ge Cru­sa­ders- en All Black-los­ska­kel)

het ons voor die tyd ’n bood­skap ge­stuur waar­in hy be­na­druk het hoe baie dit vir hom be­te­ken het om op Lof­tus te wen.”

■ Pun­te­ma­kers: Bul­le 24 (3) Drieë: Jes­se

K­riel, Jam­ba U­len­go, Jan Ser­fon­tein. Straf­doel: Ti­an S­choe­man. Doel­skop­pe: Fran­cois Brum­mer (3).

Cru­sa­ders 62 (31) Drieë: Pe­te Sa­mu, Tim Ba­te­man, S­cott Bar­rett, Jack Good­hue (2), Se­ta Ta­ma­ni­va­lu, Da­vid Ha­vi­li, Ri­chie Mo’un­ga, Andrew Ma­ka­lio, Mit­chell Hunt. Doel­skop­pe: Ri­chie Mo’un­ga (5), Hunt.

Vang my as jy kan. Die Bul­le se plaas­ver­van­ger­sen­ter Jan Ser­fon­tein, wat die Cru­sa­ders se heel­ag­ter, Da­vid Ha­vi­li, pro­beer ont­wyk, was Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld een van min Bul­le wat te­vre­de met hul ver­to­nings kan voel. Foto: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.