Jong Haaie laat Ro­bert glim­lag

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie se on­ver­moë om ge­leent­he­de in pun­te te om­skep, steek die span se brei­er, Ro­bert du P­reez, d­wars in die krop.

Die span van Dur­ban het Sa­ter­dag in sy Su­per­rug­by-wed­stryd teen die We­stern For­ce in Dur­ban meer as ge­noeg kan­se ge­had om die be­soe­kers ’n goeie drag slae te gee, maar sy af­ron­ding was ge­brek­kig.

Die tuis­span het dié stryd nie­te­min met 37-12 ge­wen.

“Klein in­di­vi­du­e­le fou­te het ons ge­kel­der wan­neer ons in hul kwart­ge­bied ge­kom het.

“Dit is iets waar­aan ons hard ge­werk het, maar ek is be­slis nie te­vre­de daar­mee dat ons nie kan­se in pun­te om­skep nie,” sê Du P­reez.

Die brei­er het wel toe­ge­gee dat die toe­stan­de in die be­dom­pi­ge Dur­ban al­tyd ’n rol speel met die bal wat dié tyd van die jaar baie glad is. Ver­al wan­neer ’n wed­stryd om 15:00 be­gin.

Jon­ge­lin­ge soos die sen­ter Je­re­my Ward en die los­ska­kel Cur­win Bosch het voort­ge­bou op hul goeie ver­to­nings van ’n week ge­le­de teen die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res.

“Ek dink Je­re­my het baie goed ge­speel. Hy en Luk­ha­nyo (Am, bui­te­sen­ter) het die po­ten­si­aal om in ’n baie goeie sen­ter­kom­bi­na­sie te ont­aard. Hul­le kan al­bei bin­ne- en bui­te­sen­ter speel, maar Luk­ha­nyo doen baie goed in die wy­er ka­na­le van die veld. So ek is ge­luk­kig om Je­re­my bin­ne te speel,” sê Du P­reez.

Bosch het Sa­ter­dag in sy laas­te Su­per­rug­by-wed­stryd vir ’n ruk ge­speel.

Hy sluit hom nou by die SA o.20-span aan en sal die Haaie se vol­gen­de drie wed­stry­de mis­loop.

Dit is dus goeie nuus dat die Bok-los­ska­kel Pa­trick Lam­bie Sa­ter­dag sy te­rug­keer ná ’n lang be­se­rings­tyd ge­maak het.

“Ek was baie be­ïn­druk met Pat se te­rug­keer.”

Be­ne­wens Ward was Du P­reez baie in sy nop­pies met die jong vleu­el Sbu N­ko­si se Su­per-bui­ging.

“Ek is baie te­vre­de met sy spel.

“Hy het ons baie be­ïn­druk in die voor­sei­soen, hy het ’n won­der­li­ke wer­ke­tiek en ek dink hy was goed in sy eer­ste wed­stryd.

“Ons sal graag meer van hom wil sien, maar ons het ook an­der goeie vleu­els soos L­wa­zi M­vo­vo en Od­wa N­dun­ga­ne. Dit is ’n lek­ker pro­bleem om te hê,” sê Du P­reez.

Die af­rig­ter het wel ge­mor oor die feit dat die span nie ’n bo­nus­punt kon in­sa­mel nie, maar hy was tog te­vre­de met die se­ge.

Die Haaie vol­gen­de teen die Kings in die Baai te staan.

Foto: GALLO IMAGES

Die Haaie se pronk­los­ska­kel, Cur­win Bosch, duik oor vir sy drie teen For­ce Sa­ter­dag in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.