Leeus by myl­paal teen Oz se span­ne

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus se af­rig­ter, is nog nie te­vre­de met sy span se ver­to­nings in van­jaar se Su­per­reeks nie, hoe­wel hul­le Vry­dag in Can­ber­ra ’n Grand Slam van vyf oor­win­nings oor die Aus­tra­lie­se span­ne kan be­haal.

Die Leeus sluit hul Aus­tra­la­sie­se toer teen die Brum­bies af na­dat hul­le Sa­ter­dag in Mel­bour­ne ’n bo­nus­punt-oor­win­ning van 47-10 oor die Re­bels be­haal het.

Die Leeus het die For­ce ver­le­de Sa­ter­dag in Perth met 24-15 ge­troef na­dat hul­le vroe­ër van­jaar op El­lis­park die Wa­ra­tahs met 55-36 en die Reds met 44-14 slae ge­gee het.

Dit was Sa­ter­dag die Leeus se ne­gen­de oor­win­ning in tien wed­stry­de, maar Ac­ker­mann hou vol daar is ’n klomp din­ge wat reg­ge­stel moet word.

“Dit was nie 80 mi­nu­te van per­fek­te rug­by nie; daar was fou­te. Daar lê wed­stry­de voor om dit reg te stel en ons moet net se­ker maak dat ons nie gly nie,” het hy ná die wed­stryd ge­sê.

Af­ge­sien van die stryd teen die Brum­bies, wag die Bul­le, Sout­hern Kings en Sun­wol­ves ook op El­lis­park en ’n laas­te weg­wed­stryd in die groe­pron­de teen die Haaie op Kings­park.

Die Leeus (42 pun­te) is feit­lik reeds ver­se­ker van ’n kwart­eind­stryd op El­lis­park, ge­volg deur ’n moont­li­ke half­eind­stryd ook tuis.

Die Leeus het ver­le­de jaar, toe hul­le teen die Nieu-See­land­se span­ne mee­ge­ding het, met 52 liga­pun­te ge­ëin­dig.

Die Leeus het tot dus­ver dié sei­soen 48 drieë ge­druk, veel min­der as die 71 van ver­le­de jaar, maar tog is hul paad­jie na die uit­speel­ron­des by­na reeds ge­pla­vei. As die Leeus voort­bou op hul wel­slae en nog ’n paar bo­nus­pun­te kan buit, kan hul­le met meer liga­pun­te as die Cru­sa­ders (45), C­hiefs (42) en Hur­ri­ca­nes (38) ein­dig.

Dit kan die deur vir hul­le oop­laat om ook tuis in ’n moont­li­ke eind­stryd te speel, want die Nieu-See­land­se span­ne kom die vol­gen­de paar we­ke in der­bies teen me­kaar te staan, waar daar net een wen­span kan wees.

■ Pun­te­ma­kers: Leeus 47: Drieë: K­wag­ga S­mith, Ross Cron­je, Court­nall S­ko­san, Syl­vi­an Ma­hu­za, Straf­drie, An­tho­ny Vol­mink, War­ren W­hi­te­ley. Doel­skop

pe: El­ton Jan­tjies (5).

Re­bels 10: Drie: Tom En­g­lish. Doel­skop: Ree­ce

Hod­ge. Straf­doel: Hod­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.