‘Dis ook pre­mier se skuld’

Beeld - - Voorblad -

F­lip Buys, voor­sit­ter van die So­li­da­ri­teit­be­we­ging, sê Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier van Noord­wes, moet me­de­ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir die ge­weld in Coligny.

Vol­gens hom het Ma­hu­ma­pe­lo A­fri­ka­ners Son­dag op Mat­l­ho­mo­la Mos­weu se be­graf­nis van ras­sis­me en die tie­ner se dood be­skul­dig.

“Dit is nou die tyd vir lei­ers om die kri­sis te ont­lont en nie om die tra­gie­se dood van kind te mis­ bruik om men­se met ras­se­uit­spra­ke op te sweep nie,” sê Buys in ’n ver­kla­ring.

So­li­da­ri­teit gaan van­dag ’n klag teen Ma­hu­ma­pe­lo by die Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) aan­han­gig maak.

Jo­han­nes M­öl­ler, pre­si­dent van A­gri SA, het in ’n ver­kla­ring ’n be­roep op die po­li­sie ge­doen om die plaas­ge­meen­skap van die no­di­ge be­sker­ming te voor­sien.

– Han­ti Ot­to

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.