‘Ons gaan brand’

Borg vir 2 lei tot nóg ge­weld ‘S­taat het nie ’n sterk saak nie’

Beeld - - Voorblad - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die dag het be­gin met twee moord­be­skul­dig­des se vry­la­ting op borg­tog en ge­ëin­dig met drie hui­se in lig­te laaie, ’n plaas on­der be­leg en skok­gra­na­te en rub­ber­koe­ëls wat klap.

Die dood van Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) ver­deel die ge­meen­skap van Coligny “op ’n ras­se­grond­slag”, maar die hof kan nie deur o­pen­ba­re me­ning “as gy­se­laar aan­ge­hou word nie”.

Daar­om het land­dros Ma­ga­o­la Fo­so gis­ter in die land­dros­hof in die dorp borg­tog van R5 000 elk toe­ge­staan aan Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34), wat van die moord op Mat­l­ho­mo­la aan­ge­kla word.

Met ver­wy­sing na die moont­lik­heid van ge­weld het Fo­so ge­sê: “Die fun­da­men­te­le funk­sie van die hof, of daar o­pen­ba­re op­tre­de oor ’n saak is of nie, is om uit­voe­ring aan ge­reg­tig­heid te gee, toe­ge­pas in­ge­vol­ge ge­ves­tig­de wet­li­ke rig­ly­ne en die Grond­wet.”

Hy het ge­sê nie een van die be­skul­dig­des het vo­ri­ge ver­oor­de­lings nie en die s­taat het in dié sta­di­um nie ’n sterk saak teen hul­le nie.

Doore­waard en S­chut­te voer aan hul­le het Mat­l­ho­mo­la op 20 A­pril in hul werk­ge­wer se son­ne­blom­lan­de be­trap waar hy en nog ie­mand van die oes ge­steel het. Hul­le het hom ge­vang, ag­ter­op die bak­kie laat klim en na die po­li­sie­kan­toor ge­ry.

Die tie­ner het van die be­we­gen­de bak­kie af­ge­spring om te vlug, voer die be­skul­dig­des aan.

Hul­le het toe by die po­li­sie­kan­toor gaan hulp soek.

Die s­taat be­weer ie­mand het ge­sien hoe hul­le Mat­l­ho­mo­la van die bak­kie af­gooi, die seun en die ge­tuie weer al­bei op die bak­kie dwing, die ge­tuie aan­rand en toe met Mat­l­ho­mo­la weg­ry. Vol­gens die s­taat het hul­le die tie­ner ver­moe­de­lik weer van die be­we­gen­de voer­tuig af­ge­gooi. Doore­waard en S­chut­te moet as deel van hul borg­tog­voor­waar­des by an­der a­dres­se bui­te Coligny gaan bly.

Die hof­ver­rig­tin­ge is tot 26 Ju­nie uit­ge­stel. Fo­so se be­slis­sing

is met ver­erg­de tong­klik­ke in die hof be­groet. Sak­kie Ding­a­ke, Mat­l­ho­mo­la se pa, het hard­op ge­sê: “He­re! Nee! Die men­se het my kind dood­ge­maak.”

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, het gis­ter­aand ’n be­roep op die s­taat ge­doen om te ap­pel­leer teen die borg­tog.

Bui­te die hof het ’n be­to­ger ge­skree: “Ons gaan die plek brand!”

Paaie en ’n stuk van die trein­spoor is met klip­pe, do­ring­draad

en bran­den­de ban­de ver­sper.

Kort daar­na was Henk Key­ser se plaas­huis in die Riet­vlei-om­ge­wing net bui­te die dorp in lig­te laaie.

Die mu­ni­si­pa­le brand­weer, met ’n en­ke­le brand­weer­wa, en in­wo­ners met wa­ter­vrag­mo­tors het die vlam­me pro­beer blus.

’n Baie ont­stel­de man, glo ’n plaas­ei­e­naar, het skie­lik ge­skree se­ke­re joer­na­lis­te en po­li­sie­le­de het van die aan­val ge­weet en was al voor die tyd in die om­ge­wing. Hy het ’n wa­ter­slang ge­gryp en wa­ter na joer­na­lis­te ge­spuit. ’n Fo­to­graaf is ge­slaan.

’n Ka­me­ra­lens van Fe­lix D­lan­ga­mand­la, Beeld-fo­to­graaf, is ge­breek toe hy en boe­re die ont­sto­ke man pro­beer kal­meer het. Die man het sy pis­tool te voor­skyn ge­bring, waar­op die men­se ge­re­ti­reer het.

Die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) het die aan­val­le op joer­na­lis­te in Coligny en Vu­wa­ni sterk ver­oor­deel.

Ter­wyl die brand nog ge­woed het, is ’n pe­trol­bom deur die sit­ka­mer­ven­ster van dr. Ra­bie Bar­nard se huis aan die an­der kant van die dorp ge­gooi. Die huis is ver­woes.

Ter­wyl ’n po­li­sie­he­li­kop­ter en -vlieg­tuig bo die dorp ge­sir­kel het, het ’n klomp po­li­sie­le­de die stra­te en plaas­paaie in­ge­vaar.

Tog kon nie­mand keer dat Abdul K­hota se huis ook aan die brand ge­steek word nie.

“Ver­le­de week het hul­le my win­kel, wat ons al 19 jaar in die dorp het, af­ge­brand. Wat moet ek nou doen? T­rek?” sê K­hota.

Die po­li­sie­voer­tuie is daar­na in vol­le vaart te­rug na die plaas­om­ge­wing ná ’n nood­roep van ’n boer. Oproeriges het in die stuk­kie veld en lan­de­rye tus­sen die towns­hip en dié boer se plaas be­gin saam­drom.

Die po­li­sie het met rub­ber­koe­ëls op hul­le ge­skiet.

Die be­to­gers het sink­pla­te as skil­de ge­bruik en klip­pe ge­gooi.

Selfs na­dat die po­li­sie die be­to­gers meer as ’n uur lank te­rug­ge­dryf het, het die waar­sku­wing ge­kom dat hul­le pe­trol­bom­me ge­reed kry.

Dit het pant­ser­voer­tuie met skok- en rook­gra­na­te, as­ook nog rub­ber­koe­ëls, ge­kos om die men­se te­rug te druk.

Ter­wyl Coligny in don­ker­te ge­hul was, het die po­li­sie on­ver­poosd die stil stra­te ge­pa­trol­leer.

Groe­pies in­wo­ners het in die dorp ’n wa­ken­de oog ge­hou.

’n Pe­trol­bom of klip het spo­ra­dies van­uit die towns­hip na die po­li­sie se voer­tuie ge­vlieg, maar meest­al net die gras langs die pad aan die brand ge­steek.

Die erg­ste on­lus­te het vir eers be­daar.

Voor­sit­ten­de be­amp­tes op die reg­bank be­hoort hul­le nie deur die o­pen­ba­re me­ning te laat mee­sleur nie.

Land­dros Ma­ga­o­la Fo­so was dus in die kol toe hy borg­tog toe­ge­staan het aan die twee mans van Coligny wat van moord op Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) aan­ge­kla word, sê dr. L­le­wel­lyn Cur­le­wis, straf­reg­ken­ner van P­re­to­ria.

Fo­so het ge­sê hoe­wel Mat­l­ho­mo­la se dood die ge­meen­skap op ’n ras­se­grond­slag ver­deel, kan die hof nie deur die o­pen­ba­re me­ning “as gy­se­laar” aan­ge­hou word nie.

Met ver­wy­sing na drei­ge­men­te dat die ge­weld in Coligny sal ver­er­ger as Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34) borg­tog kry, het Fo­so ge­sê: “Die fun­da­men­te­le funk­sie van die hof, of daar o­pen­ba­re op­tre­de oor ’n saak is of nie, is om uit­voe­ring aan ge­reg­tig­heid te gee, toe­ge­pas in­ge­vol­ge ge­ves­tig­de wet­li­ke rig­ly­ne en die Grond­wet.”

Cur­le­wis sê hoe­wel Doore­waard en S­chut­te te­reg borg­tog ge­kry het, is dit “baie vreemd” dat die twee be­skul­dig­des in die so­ge­naam­de doodskis­saak in Mid­del­burg dit nié kon kry nie.

In daar­die saak word Wil­lem Oost­hui­zen (28) en T­heo Jack­son (29), twee plaas­voor­man­ne, aan­ge­kla om­dat hul­le Den­ton Sit­ho­le en Vic­tor Mlotshwa glo in Au­gus­tus ver­le­de jaar aan­ge­rand het.

Die s­taat het in Maart ’n klag van po­ging tot moord by vyf an­der aan­klag­te ge­voeg.

Hul­le het Mlotshwa glo in ’n doodskis in­ge­dwing, dit op vi­deo vas­ge­lê en ge­dreig om pe­trol oor hom te gooi en hom aan die brand te steek.

Dié twee is se­dert No­vem­ber ver­le­de jaar in aan­hou­ding.

Land­dros Jon­gi­li­z­we Du­meh­le­li het in De­sem­ber be­vind dis nie in be­lang van ge­reg­tig­heid om hul­le vry te laat nie.

Hy het ge­sê die s­taat het die waar­skyn­lik­heid van bloed­ver­gie­ting (weens o­pen­ba­re op­roer) be­wys as hul­le vry­ge­laat sou word.

Hoe­wel die aan­klag­te teen Oost­hui­zen en Jack­son ge­woon is, is dit ’n u­nie­ke saak weens die kis en hul bar­baar­se op­tre­de, het die land­dros ge­sê.

Cur­le­wis sê geen twee sa­ke is die­self­de nie en elk moet op eie me­rie­te be­oor­deel word, maar dit is vreemd hoe die toe­pas­sing van die reg van een voor­sit­ten­de be­amp­te tot ’n vol­gen­de kan ver­skil.

Hy meen die Mid­del­burg-be­skul­dig­des, wat van ’n min­de­re mis­daad aan­ge­kla word as die Coligny-mans, be­hoort ook borg­tog te kon kry.

“Die toets vir borg­tog is of ’n be­skul­dig­de sy ver­hoor sal by­woon en nie ’n vlug­ri­si­ko is nie. As hy waar­bor­ge gee dat hy sy ver­hoor sal by­woon en nie sal in­meng met staats­ge­tui­es nie, be­hoort hy vry­ge­laat te word. Daar is bit­ter min ge­val­le waar ie­mand nié die reg op borg­tog het nie,” sê Cur­le­wis.

Hy sê die reg op vry­heid word wê­reld­wyd in ’n Eer­ste­wê­reld­land voor­op ge­stel.

“’n Be­skul­dig­de kan nie deur die wei­e­ring van borg­tog op dié ma­nier ‘ver­oor­deel’ word lank voor­dat hy skul­dig of on­skul­dig be­vind word nie,” sê Cur­le­wis.

Fo­to’s: FE­LIX D­LAN­GA­MAND­LA

Henk Key­ser se plaas­huis net bui­te Coligny brand af. Dit was een van drie hui­se wat só deur­ge­loop het. Be­skul­dig­de nr. 1: Pie­ter Doore­waard (26) Be­skul­dig­de nr. 2: P­hil­lip S­chut­te (34)

Fo­to: FE­LIX D­LAN­GA­MAND­LA

Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son in die land­dros­hof in Mid­del­burg in De­sem­ber.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.