‘Om vir Nol­lis te pos, pak nie die kwes­sie’

Nol­lis gaan ‘slaap’ oor ver­an­de­rings aan span

Beeld - - Voorblad - Co­bus Claas­sen

Die pro­bleem by die Bul­le kan nie ge­pak word net deur Nol­lis Ma­rais te pos nie, sê Wyn­and Claas­sen, voor­ma­li­ge S­pring­bok­kap­tein en voor­sit­ter van die Blou Bul­le se oud­spe­lers­ver­e­ni­ging.

On­der­steu­ners eis dat Ma­rais en sy af­rig­ting­span ge­pos word ná Sa­ter­dag se ne­der­laag van 24-62 in die Su­per­reeks teen die Cru­sa­ders op Lof­tus.

Claas­sen sê die ne­der­laag is “’n te­ken van die tyd in Suid-A­fri­kaan­se rug­by”.

“Die pro­bleem is nie eie aan die Bul­le nie. Daar is die­per­lig­gen­de pro­ble­me in Suid-A­fri­kaan­se rug­by en ons be­gin die te­kens al hoe meer sien.

“Die skrif was lank­al aan die muur en ons gaan die si­tu­a­sie moei­lik om­draai. As jy van Nol­lis ont­slae raak, moet daar be­hoor­lik skoon­ge­maak word op Lof­tus Vers­feld.”

Naas Bo­tha, voor­ma­li­ge kap­tein van die des­tyd­se Noord-Trans­vaal en die S­pring­bok­ke, het Sa­ter­dag ná af­loop van die slag­ting ge­sê: “Ie­mand be­hoort ge­pos te word, maar ek twy­fel of dit gaan ge­beur.

“Dit is hart­seer om dit te sê, maar die Bul­le lyk na ’n span wat nie af­ge­rig word nie. Die spe­lers duik in die ver­keer­de po­si­sies op die veld op en neem ver­keer­de be­slui­te.”

Nog ’n Lof­tus-gro­te van wel­eer, die oud-Bok-slot Vic­tor Mat­field, meen die Bul­le speel son­der ’n plan.

“Ek sal graag wil weet hoe hul­le be­plan om wed­stry­de te wen. Dit is glad nie dui­de­lik hoe hul­le wil speel nie.”

Ma­rais sê on­der­steu­ners is met goeie re­de on­te­vre­de oor die ver­to­ning.

“Ons is Sa­ter­dag deur ’n bril­jan­te span ge­klop en het in die pro­ses ’n ont­nug­te­ring ge­kry. Dit is van groot be­lang dat ons fo­kus op die High­lan­ders-uit­da­ging (Sa­ter­dag). In Su­per­rug­by kry jy el­ke na­week ’n u­nie­ke uit­da­ging.”

Dit is ’n week van groot be­slui­te by Lof­tus Vers­feld, het Nol­lis Ma­rais, die Bul­le-af­rig­ter, ge­sê toe hy gis­ter ge­pols is oor die span­keu­ses wat hy van­dees­week moet maak.

“Ja, dit is. Ek sal daar­oor moet slaap,” sê Ma­rais son­der om te veel te ver­klap.

Die Bul­le kom Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld teen die High­lan­ders te staan ná die groot loe­sing wat hul­le teen die Cru­sa­ders ge­kry het.

Daar kan ’n he­le paar ver­an­de­rings aan die Bul­le se ver­loor­span ge­doen word.

groot­ste uit­da­ging is om die spe­lers se gees­te­li­ke in­ge­steld­heid reg te kry.

“Dit ge­sê, daar sal ver­an­de­rings wees. Ek sal mooi daar­oor moet na­dink in die op­bou.”

Plaas­ver­van­gers, soos Jaco Vi­sa­gie, Fran­cois Brum­mer en Jan Ser­fon­tein, het Sa­ter­dag in die twee­de helf­te ’n be­dui­den­de ver­skil ge­maak toe hul­le op­ge­stuur is.

Ma­rais kan dit selfs oor­weeg om To­ny Jan­tjies, jon­ger broer van El­ton, op los­ska­kel te ge­bruik.

Die Bul­le het gis­ter ver­neem die vleu­el Tra­vis Is­mai­el sal weens ’n knie­be­se­ring tus­sen

ses en agt we­ke uit wees.

“Dit is ’n te­rug­slag vir ons, maar ook vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

“Ek dink Tra­vis kon vir die Bok­ke ge­speel het (teen Frank­ryk). Hy is die een s­pe­ler in die span wat reg­deur be­sten­dig was en ek is jam­mer vir hom. Dit is ’n groot ver­lies vir ons.”

Ja­de S­tigh­ling, wat Sa­ter­dag vir die Blou Bul­le in die Su­perS­port-uit­daag­reeks teen die Val“Die ke ge­speel het, be­hoort die nr. 14-trui by Is­mai­el oor te vat.

Ja­c­ques Pot­gie­ter het ook nie gis­ter ge­oe­fen nie. Her­man Ros­souw, span­dok­ter, sê Pot­gie­ter het bloed­druk­pro­ble­me en het reeds ’n spe­si­a­lis ge­sien.

Ma­rais sê die Bul­le gaan baie fi­sie­ker moet wees om ’n grond­slag te lê.

“Die Cru­sa­ders het ons uit­oor­lê en ver­ras met die in­ten­si­teit waar­mee hul­le ge­speel het.

“Ons ver­wag ’n soort­ge­ly­ke aan­slag van die High­lan­ders.”

Hy sê hoe­wel die Cru­sa­ders oor­heers het, moes die Bul­le in die eer­ste 15 mi­nu­te meer van hul kan­se ge­maak het.

“Ons is ver ag­ter die Ni­euSee­land­se span­ne en ons fiks­heid is nie op die­self­de vlak nie.

“Ek wil nie na­mens die an­der fran­chi­ses praat nie, maar dit is dui­de­lik die Nieu-See­lan­ders het in dié op­sig ’n voor­deel bo ons.”

Fo­to: GAL­LO

Die vleu­el Tra­vis Is­mai­el gaan ses tot agt we­ke uit wees.

Nol­lis Ma­rais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.