Swart mam­ba kom doen huis­be­soek

Beeld - - Voorblad - O­det­te Par­fitt

’n Vrou het ná ’n mid­dag­sla­pie wak­ker ge­word toe sy en ’n swart mam­ba van “3 m tot 4 m” me­kaar in die oë kyk.

Sy het uit haar huis in We­st­vil­le, Dur­ban, ge­vlug en die K­waZu­lu-Na­tal Amphi­bi­an and Rep­ti­le Con­ser­va­ti­on-or­ga­ni­sa­sie se hulp in­ge­roep.

Toe Nick E­vans van dié or­ga­ni­sa­sie Sa­ter­dag­mid­dag daar aan­kom, het die vrou ver­tel sy het haar du­vet as ’n skild ge­bruik om ver­by die slang te kom.

“Dit was slim, want die mam­ba sou haar nie som­mer deur die bed­de­goed kon by­kom nie,” sê E­vans. By sy aan­koms het die mam­ba in ’n kle­re­kas ge­skuil.

“Toe ek na­der be­weeg, het ek skie­lik sy kop sien uit­steek, na­by ge­noeg om my te pik! Ek het sta­dig te­rug­be­weeg en was dank­baar toe dié ge­vaar ver­by is.”

E­vans sê hy het die slang dop­ge­hou ter­wyl dit in die kle­ding­stuk­ke se moue pro­beer klim het. “Ná ’n ruk het ek ag­ter­ge­kom die slang raak on­rus­tig om­dat ek in sy pad staan, so toe moes ek dit – baie ver­sig­tig – vang.”

Fo­to: FACEBOOK

Die mam­ba pro­beer in ’n kle­ding­stuk se mou klim.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.