‘Cy­ril loop kri­tiek voor­uit met sy ver­sko­ning’

Beeld - - Nuus -

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se ver­sko­ning vir sy “on­van­pas­te taal­ge­bruik” voor die Ma­ri­ka­na-skie­te­ry “gee hom die mo­re­le voor­sprong” as sy teen­stan­ders plan­ne ge­had het om dit teen hom in die ANC-lei­er­stryd te ge­bruik, sê ’n ont­le­der.

Prof. Dirk Kot­ze van U­ni­sa het gis­ter by na­vraag ge­sê Ra­map­ho­sa pro­beer om die kwes­sie voor­uit te loop in­ge­val dit teen hom ge­bruik word in aan­loop tot die ANC-lei­ers­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber.

“Hy an­ti­si­peer dat dit van die hoof­te­mas is wat men­se as deel van die lei­er­stryd kan op­per. Dit is be­ter om die kwes­sie nou op te haal as wat hy on­ver­hoeds be­trap word.

“Deur dit nou te doen, weet men­se dat hy die kwes­sie nie pro­beer ont­ken nie. Dit gee aan hom in ’n se­ke­re sin ’n mo­re­le voor­sprong en maak dit moei­lik vir men­se om hom te kri­ti­seer,” sê Kot­ze.

Ra­map­ho­sa het Son­dag in Gra­ham­stad om ver­sko­ning ge­vra vir die “on­van­pas­te taal­ge­bruik” ten ty­de van die Ma­ri­ka­na-sta­king en sê hy het die ver­de­re sterf­tes pro­beer keer die dag voor­dat 34 myn­wer­kers op 16 Au­gus­tus 2012 dood­ge­skiet is.

Win­nie Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la het hom ge­ad­vi­seer om aan­dag aan die kwes­sie te gee en aan­ge­bied om hom na Ma­ri­ka­na te ver­ge­sel om dit op te neem, sê hy.

Ra­map­ho­sa, wat des­tyds ’n nie­uit­voe­ren­de di­rek­sie­lid van die myn­maat­skap­py Lon­min was, het op 15 Au­gus­tus 2012 in ’n e-pos aan Lon­min ge­skryf die sta­king kan nie meer as ’n ar­beids­ge­skil be­skou word nie, dit is dui­de­lik “mis­da­dig” en moet as sulks be­skou word.

Prof. Tinyi­ko Ma­lu­le­ke, po­li­tie­ke ken­ner aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria, sê Ra­map­ho­sa se ver­sko­ning is die dui­de­lik­ste te­ken tot nog toe dat hy voor­ne­mens is om dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma om die ANC­lei­ers­pos uit te daag.

“Ek hoop hy kan meer reg­uit wees in sy ver­sko­ning,” sê Ma­lu­le­ke. Op ’n vraag of hy be­doel dit sal meer op­reg wees as Ra­map­ho­sa Ma­ri­ka­na be­soek en per­soon­lik die fa­mi­lies om ver­sko­ning vra, het hy ja ge­ant­woord.

“As die Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la-aan­bod waar is, moet hy dit nie ver­spil nie. As be­rig­te ook waar is dat die fa­mi­lies be­reid is om met hom in ge­sprek te tree, moet hy ook nie daar­die ge­leent­heid ver­kwis nie. Ek dink hy moet dit doen of hy gaan aan die ANC-lei­er­stryd gaan deel­neem of nie,” sê Ma­lu­le­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.