DA wil ANC­LP ver­kla oor dié werk

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

’n ANC-LP, Mny­a­me­ze­li Booi, gaan ver­kla word om­dat hy na be­we­ring nie aan die par­le­ment ver­klaar het hy het se­dert 2015 ’n ek­stra R60 000 per maand aan in­kom­ste uit “kon­sul­ta­sie­werk” vir ’n steen­kool­maat­skap­py ver­dien nie.

Lui­dens ’n oor­een­koms wat die DA gis­ter be­skik­baar ge­stel het, sou Booi van 1 De­sem­ber 2015 kon­sul­ta­sie­werk vir die Jo­han­nes­burg­se maat­skap­py Lur­co Co­al doen.

Daar­vol­gens sou Booi die maat­skap­py se di­plo­ma­tie­ke en bi­la­te­ra­le ver­hou­din­ge met staat­sen­ti­tei­te fa­si­li­teer en as raad­ge­wer vir die maat­skap­py se di­rek­sie en be­stuur op­tree in sy ver­hou­din­ge met die staat­sen­ti­tei­te.

Die oor­een­koms lui die maat­skap­py sou hom so­wat R60 000 per maand vir sy diens­te be­taal en hom ook vir reis- en ver­blyf­kos­te ver­goed.

Ja­mes Lo­ri­mer, DA-woord­voer­der oor mi­ne­ra­le bron­ne, het gis­ter ge­sê die DA sal Booi by die par­le­ment se ge­sa­ment­li­ke ko­mi­tee oor e­tiek en le­de­be­lan­ge ver­kla.

Hy meen Booi het die ko­de vir e­tie­se ge­drag en die ver­kla­ring van le­de­be­lan­ge vir LP’s ver­ont­ag­saam deur die in­lig­ting nie te ver­klaar nie.

“Die DA is ook be­kom­merd oor die ef­fek wat die kon­sul­ta­sie­werk op e­ni­ge kon­trak­te of ten­der wat aan Lur­co Co­al deur staat­sen­ti­tei­te toe­ge­ken is, mag ge­had het en sal ver­de­re vrae daar­oor vra.”

Booi het sê dit is ver­war­rend dat die DA ’n o­pen­ba­re ver­kla­ring uit­reik nog voor­dat die par­ty die aan­ge­leent­heid by die e­tiek­ko­mi­tee in­ge­dien het.

“My naam word nou in die o­pen­baar deur die mod­der ge­sleep. Ek sal dit eg­ter nie daar laat nie.

“Ek sal nou wag vir die e­tiek­ko­mi­tee om te be­sluit wat ver­der ge­doen moet word. Na­dat ek die DA­ver­kla­ring ge­sien het, was ek van­dag (gis­ter) by die e­tiek­ko­mi­tee se kan­toor, maar daar was nog niks aan hom ge­skryf nie.”

Booi sê hy ver­staan nie pre­sies wat die DA van hom ver­wag nie.

“Hul­le kom met in­lig­ting van a­no­nie­me bron­ne wat men­se ver­war. My le­de­be­lan­ge ver­klaar ek nie in die o­pen­baar nie, maar aan die par­le­ment.”

Mny­a­me­ze­li Booi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.