‘Moord­kom­plot’: El­vis kry borg­tog van R3 000

Beeld - - Nuus - – News24

El­vis Ra­mo­se­bu­di, be­weer­de baas­brein ag­ter ’n sluip­moord­kom­plot teen on­der an­de­re pres. Ja­cob Zu­ma, is op borg­tog van R3 000 vry­ge­laat.

Hy het vol­gens die Val­ke glo pro­beer om mil­joe­ne ran­de in te sa­mel om Zu­ma, ver­skeie mi­nis­ters, le­de van die Gup­ta-fa­mi­lie en hoof­de van staats­in­stel­lings te ver­moor.

Adv. Jo­han Ba­den­horst, staats­aan­kla­er, het die borg­to­gaan­soek in die land­dros­hof in Jo­han­nes­burg teen­ge­staan. Hy het ge­sê Ra­mo­se­bu­di het van Sos­han­gu­ve, noord van P­re­to­ria, na Jo­han­nes­burg ge­reis om sy plan aan a­gen­te voor te lê.

Hy het ’n wel­deur­dag­te plan ge­had en hy het die toe­rus­ting ge­had om dit uit te voer.

“Dat hy be­reid was om te ry om sy plan­ne in te dien is kom­mer­wek­kend. Dit is dui­de­lik dat hy baie ge­mo­ti­veerd is met wat hy wil doen.”

Mo­te­bang Ra­mai­li, Ra­mo­se­bu­di se pro­ku­reur, het in ’n ver­kla­ring ge­sê hy (Ra­mo­se­bu­di) bly by sy ou­ers in die huis waar­in hy ge­bo­re is en het ’n se­we­ja­ri­ge dog­ter. Hy het geen vo­ri­ge oor­tre­dings of han­gen­de sa­ke teen hom nie.

Ra­mai­li is on­te­vre­de om­dat die Val­ke Ra­mo­se­bu­di se ou­ers oor sy gees­tes­ge­sond­heid pro­beer on­der­vra het.

Ra­mo­se­bu­di het be­lo­we om die ver­hoor by te woon en om nie in die on­der­soek in te meng nie. Hy sal skuld ont­ken.

Ra­mai­li het ge­sê geen vuur­wa­pens is by Ra­mo­se­bu­di se ou­er­huis ge­vind nie. Die men­se wat hy na be­we­ring wou ver­moor, het baie hoë pro­fie­le en hul­le word deeg­lik be­waak. Dat Ra­mo­se­bu­di brie­we aan die Gup­tas ge­stuur het wat lui: “Han­de van die Gup­tas af”, wys hy wou hul­le nie ver­moor nie, het Ra­mai­li aan­ge­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.