Hy swyg nie oor ‘be­smet­te at­mos­feer’

Beeld - - Nuus - – News24

Hy gaan nie op­hou om in die o­pen­baar oor die “be­smet­te at­mos­feer” in die ANC te praat nie, sê adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

“Op die oom­blik is daar die­ge­ne wat sê ons moe­nie uit­praat oor die par­ty se pro­ble­me nie. Hul­le sê ‘sj­j­jt’, hul­le sê: ‘Bly stil, ons sal dit reg­maak’, ” het hy Son­dag op ’n ANC­forum in die Oos­Kaap ge­sê.

“Ons kan nie stil­bly nie en ons mag nie stil­bly nie, want dit is ons tuis­te.”

Ra­map­ho­sa sê die par­ty moet be­we­rings van kor­rup­sie ont­leed.

“’n Mens kan sien die at­mos­feer is be­smet. Wat is ’n mens ver­on­der­stel om te doen? Ons moet oor hier­die ding praat so­dat dit kan ver­an­der.”

Pres. Ja­cob Zu­ma het par­ty­lei­ers reeds by ver­skeie ge­leent­he­de ge­waar­sku om die par­ty nie in die o­pen­baar te kri­ti­seer nie, maar om kwes­sies lie­wer in­tern op te los. G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal, en Ba­le­ka M­be­te, ANC­voor­sit­ter, het dié aan­ma­nings al her­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.