MTV­pry­se: T­re­vor No­ah is bes­te aan­bie­der

Beeld - - Nuus -

Die Suid-A­fri­kaan­se ko­me­di­ant T­re­vor No­ah is Son­dag­aand op die toe­ken­nings­ge­leent­heid van die MTV-pry­se vir flieks en TV in Los An­ge­les as die bes­te aan­bie­der vir The Dai­ly S­how aan­ge­wys.

Die mu­si­kant S­noop Dogg en die TV-per­soon­lik­heid Mar­tha S­tewart het No­ah se spring­mie­lie­tro­fee aan hom oor­han­dig. Die ge­ho­re be­paal wie die wen­ners is.

Dit is die eer­ste keer dat MTV TV-reek­se ook be­kroon het.

In die ver­le­de het die a­we­reg­se toe­ken­nings­ge­leent­heid net op rol­pren­te ge­fo­kus.

Netflix het die kol­lig ge­steel met S­tran­ger T­hings, die we­ten­skap­fik­sie­reeks wat in die 1980’s af­speel. Dit het die prys vir die pro­gram van die jaar ge­wen.

Die Dis­ney-spro­kies­ver­haal Beau­ty and the Be­ast het die prys vir die bes­te rol­prent ge­wen.

Em­ma Watson, wat die rol van Bel­le in die rol­prent ver­tolk, het die prys vir die bes­te ak­teur in ’n rol­prent ge­wen en Mil­lie Bob­by Bro­wn (13) van S­tran­ger T­hings is as die bes­te ak­teur in ’n TV-reeks aan­ge­wys.

MTV het van­jaar van ge­slag­spe­si­fie­ke ka­te­go­rieë ont­slae ge­raak.

“To­neel­spel gaan daar­oor dat jy jou­self in ie­mand an­ders se skoe­ne moet kan plaas en dit hoef nie in twee ver­skil­len­de ka­te­go­rieë ver­deel te word nie,” het Watson op die ver­hoog ge­sê.

Ash­ton San­ders en J­har­rel Je­ro­me het die prys vir die bes­te soen vir die teer oom­blik tus­sen twee tie­ner­seuns in die Os­car­be­kroon­de Moon­lig­ht ge­wen.

Die A­me­ri­kaan­se kon­gres­lid Max­i­ne Wal­ters het die prys vir bes­te ge­veg teen die stel­sel aan Hid­den Fi­gu­res toe­ge­ken. Dié rol­prent han­del oor drie swart vroue wat wis­kun­di­ges by Na­sa was.

Hugh Jack­man en Daf­ne Keen het die prys vir bes­te duo ge­wen vir Lo­gan en die ge­sins­dra­ma T­his is US het die prys vir bes­te tra­ne­trek­ker ge­wen.

Vin Die­sel het die MTV-ge­ne­ra­sie­prys vir die Fast and Fu­ri­ous-fliekreeks ont­vang.

Fo­to: DANNY MOLOSHOK

T­re­vor No­ah maak grap­pies met sy MTV­prys as bes­te TV­aan­bie­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.