Vroue kies ge­son­de ha­re­dos bo seks­le­we

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

’n Ge­son­de ha­re­dos is be­lang­ri­ker vir jong, op­ko­men­de SuidA­fri­kaan­se vroue as ’n ak­tie­we seks­le­we, ’n aan­trek­li­ke lyf of om ’n mo­tor te hê.

Dit blyk uit ’n pei­ling waar­aan 1 000 vroue van 18 tot 39 in Gau­teng, die Wes-Kaap en K­waZu­lu-Na­tal deel­ge­neem het.

Die mees­te van die vroue (52%) is tus­sen 30 en 39 jaar oud. Hul­le moes 15 vrae bin­ne vyf mi­nu­te aan­lyn be­ant­woord.

Die mees­te van hul­le (35%) is in die groep wat die bes­te daar­aan toe is wat leef­styl be­tref (LSM 10).

40% van die re­spon­den­te is en­kel­lo­pend en was nog nooit ge­troud nie, ge­volg deur 30% ge­trou­de vroue en die­ge­ne in ’n ver­hou­ding (23%). 32% van die vroue het ’n u­ni­ver­si­teits­graad.

Vir die vroue in Gau­teng is ’n ak­tie­we seks­le­we en aan­trek­li­ke lyf be­lang­ri­ker as vir die re­spon­den­te in die an­der pro­vin­sies.

Bo­aan die lys van wat vir die vroue die be­lang­rik­ste is, is hul fa­mi­lie, ge­volg deur ge­sond­heid, ’n goeie werk, geld en ’n sta­bie­le ro­man­tie­se ver­hou­ding.

Ge­son­de ha­re is vol­gen­de op die lys. ’n Sel­foon en die in­ter­net is vir hul­le net so be­lang­rik. La­er op die lys is oe­fe­ning, ’n aan­trek­li­ke lyf, ’n mo­tor en heel on­der ’n ak­tie­we seks­le­we.

Die pei­ling, wat deur In­sig­ht Sur­vey, ’n on­af­hank­li­ke mark­na­vor­sings­maat­skap­py, na­mens Plan­tur 21-ka­fe­ïens­jam­poe ge­doen is, sê 60% van die re­spon­den­te kleur hul ha­re. 60% stryk hul ha­re of het dit al ge­stryk en 43% sê hul­le ly aan haar­ver­lies of dat hul ha­re yl is.

Die mees­te skryf die haar­ver­lies toe aan e­mo­si­o­ne­le stres, blei­king, oor­be­han­de­ling, siek­te en ge­ne­tie­se of hor­mo­na­le re­des, on­ge­son­de di­eet, werk­span­ning en die feit dat dit ge­reeld ge­vleg word.

Dr. A­dolf K­lenk, hoof van Dr. Wolff Re­se­arch, wat vas­ge­stel het dat ka­fe­ïen haar­ver­lies teen­werk, sê die be­vin­dings be­ves­tig dat jong vroue ook deur haar­ver­lies ge­raak word.

Hy sê span­ning, dras­tie­se, kort­ston­di­ge ver­slan­kings­di­ë­te en ’n on­ge­ba­lan­seer­de di­eet dra on­der meer by tot haar­ver­lies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.