Moord­vis dood dalk reu­se­groot­wit­haai

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

’n Reu­se-groot­wit­haai van 4,9 m lank wat ver­le­de jaar aan die Mos­sel­baai­se kus ge­waar is en nou by Frans­kraal uit­ge­spoel het, het men­se aan die gons.

Die kar­kas van dié haai­wy­fie is een van drie groot­wit­haaie wat in min­der as ’n week by Frans­kraal en S­truis­baai in die Wes-Kaap uit­ge­spoel het.

Haai­ken­ners sê die haaie is dood na­dat hul­le ver­moe­de­lik deur moord­vis­se aan­ge­val is om hul le­wer te eet. Moord­vis­se eet glo graag ’n haai se le­wer en los die res van die kar­kas.

Ver­le­de Woens­dag en Don­der­dag is twee groot­wit­haaie, waar­on­der die wy­fie, op die strand by Frans­kraal ge­vind en ’n der­de kar­kas eer­gis­ter by S­truis­baai, sê Ma­ri­ne Dy­n­a­mi­cs, ’n eko-toer­o­pe­ra­teur in Gans­baai, op Facebook.

Die vol­was­se haai­wy­fie van 4,9 m weeg 1 110 kg.

“Ver­le­de jaar het ons haar by Dy­er­ei­land ge­waar,” sê A­li­son To­w­ner, bi­o­loog van die Dy­er­ei­land-be­wa­rings­trust. “Tus­sen Au­gus­tus en De­sem­ber 2016 is sy ook aan die Mos­sel­baai­se kus ge­waar.”

Na ver­neem word, is die haai­wy­fie een van die groot­stes wat tot nog toe in Suid-A­fri­ka ge­dis­sek­teer is. In die dis­sek­sie het dit ge­blyk die haai se he­le le­wer is weg.

Don­der­dag om­streeks 17:00 is die kar­kas van ’n 3,4 m lan­ge groot­wit­haai­man­ne­tjie ook op die strand by Frans­kraal ge­vind. Die kar­kas was ver­der ont­bind as die an­der twee. Die haai wat eer­gis­ter by S­truis­baai uit­ge­spoel het, is ’n man­ne­tjie van 4,2 m, met be­se­rings soort­ge­lyk aan dié van die an­der twee haaie.

Fo­to’s van die haai­wy­fie op Ma­ri­ne Dy­n­a­mi­cs se Fa­ce­book­blad het heel­wat kom­men­taar ont­lok. “S­joe, dis ’n groot haai, pa,” skryf S­haun Oost­hui­zen.

Da­fydd Web­ster skryf: “Hart­seer. Prag­ti­ge we­sens van die see. Moei­lik om te dink dat e­nig­iets ’n 1 000 kg-plus-groot­wit­haai kan dood­maak. Hul­le is die top­roof­die­re op aar­de.”

■ In 2009 is ’n haai van 4,3 m wat in net­te by die Zinkwa­sis­trand in K­waZu­lu-Na­tal be­land het na Mos­sel­baai ge­bring en daar ge­dis­sek­teer.

Om ’n groot­wit­haai van 1 110 kg te ver­skuif, is nie ’n grap nie.

Fo­to: MA­RI­NE DY­N­A­MI­CS, DYER ISLAND CON­SER­VA­TI­ON TRUST

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.