Vrou skul­dig aan ou­er­moord

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Jong vrou het be­ken sy het vir haar ma en stief­pa A­ma­ru­la-li­keur ge­meng met mier­gif in­ge­gee voor­dat haar ge­we­se kê­rel en ’n vriend van hom die eg­paar ver­wurg het.

E­vah (49) en Piet Beet­ge (59) van Ca­pi­tal Park, P­re­to­ria, se ly­ke is la­ter in die Hen­nops­ri­vier ge­kry.

Bo­no­lo G­wen­do­le­ne Le­ka­la­ka­la (20) is Vry­dag in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria skul­dig be­vind na­dat sy skuld be­ken het. Die moor­de is op 26 De­sem­ber 2015 ge­pleeg.

Le­ka­la­ka­la se ge­we­se kê­rel, Thapelo Ray­mond Mo­lo­kom­me, en sy vriend K­gau­ge­lo Ni­cho­las Ra­pe­le­go, wat op die­self­de aan­klag­te te­reg­staan, sal op 21 Au­gus­tus voor ’n an­der reg­ter ver­skyn.

Le­ka­la­ka­la sê in haar pleit­ver­dui­de­li­king Mo­lo­kom­me het “voor­ge­stel dat ons my ma en stief­pa dood­maak. Eers het ek nie saam­ge­stem nie, maar la­ter het ek in­ge­stem.”

Sy het in De­sem­ber 2015 by hom in At­te­rid­ge­vil­le ge­woon toe sy op Kers­dag met haar ma op die te­le­foon ge­stry het.

“Ek het aan Thapelo ge­sê ons moet my ou­ers dood­maak.”

Die vol­gen­de dag het sy Blue De­ath-mier­gif ge­koop en haar ma om ver­sko­ning gaan vra oor hul ru­sie.

Haar stief­pa het ge­vra dat sy vir hul­le A­ma­ru­la-li­keur bring.

“Ek het toe die A­ma­ru­la en gif in hul gla­se ge­meng en vir hul­le ge­gee.”

Haar stief­pa het al­les ge­drink en vir hom nog ’n glas li­keur ge­skink.

“My ma het nie al ha­re ge­drink nie.”

Haar stief­pa het gaan slaap

en haar ma het in die sit­ka­mer ag­ter­ge­bly.

“Ek het die hon­de gaan toe­sluit en die huis se krag af­ge­ska­kel.

“Ek het die sit­ka­mer se vei­lig­heids­deur oop­ge­maak ter­wyl my ma op die rus­bank ge­sit het.”

Sy het die twee mans in­ge­laat.

“K­gau­ge­lo het my ma om die nek ge­gryp en haar be­ne ge­skop. Thapelo het sy hand oor haar mond ge­sit. K­gau­ge­lo het ’n skoen­ve­ter ge­vra, maar ek het hom ’n USB-ka­bel ge­gee.

“K­gau­ge­lo het die ka­bel om my ma se nek ge­draai en hul­le het haar al­bei ver­wurg deur elk aan ’n end van die ka­bel te t­rek. Ná die ver­wur­ging het ek haar pols ge­voel en ge­sê sy is dood,” lui haar be­ken­te­nis.

Hul­le is toe na haar sla­pen­de stief­pa.

“K­gau­ge­lo het ge­vra vir ’n bak­steen en uit­ge­gaan om een te kry. Thapelo het te­rug­ge­kom met ’n skoot­re­ke­naar­ka­bel. K­gau­ge­lo het my stief­pa met die bak­steen in die ge­sig ge­slaan. Hy het wak­ker ge­word en Thapelo het die ka­bel om sy nek ge­sit. Thapelo en K­gau­ge­lo het hom al­bei ge­wurg en daar was bloed aan sy mond en neus.”

Haar ou­ers se ly­ke is daar­na met hul VW Golf van die mis­daad­to­neel ver­wy­der.

Sy en Thapelo het glo R500 uit haar ma se bank­re­ke­ning ge­trek en haar ou­ers se ge­steel­de ei­en­dom, waar­on­der ’n ka­me­ra, skoot­re­ke­naar en twee sel­fo­ne, is aan Cash Con­ver­ters in May­vil­le ver­koop.

Le­ka­la­ka­la het die Beet­ges op 30 De­sem­ber 2015 as ver­mis aan­ge­meld. Sy is op 7 Ja­nu­a­rie 2016 in heg­te­nis ge­neem.

Reg­ter Neil Tuch­ten sal haar op 14 Au­gus­tus von­nis.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Bo­no­lo G­wen­do­le­ne Le­ka­la­ka­la vroe­ër in die land­dros­hof in P­re­to­ria.

Piet Beet­ge

E­vah Beet­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.