Pa ver­tel hoe ro­wers ge­sin in huis aan­val en hy 1 dood­skiet

Beeld - - Nuus -

’n Pa van Leeu­do­ring­stad in Noord­wes het ’n ge­wa­pen­de ro­wer dood­ge­skiet en nog een ge­wond in ’n ver­be­te ge­veg toe ’n ben­de hom en sy ge­sin in hul huis aan­ge­val het.

’n Saak van moord en po­ging tot moord word nou teen Chris Holtzhausen (44) on­der­soek.

“Dit was ’n ab­so­lu­te stryd om oor­le­wing. Ek het ge­weet as hul­le my oor­rom­pel, gaan hul­le my dood­maak en my vrou en kin­ders ver­krag; ek moes hul­le be­skerm,” het hy gis­ter ge­sê.

Holtzhausen is erg aan­ge­rand in die aan­val Vry­dag­nag en hy is selfs van sy toon­na­els kwyt. Sy vrou, E­li­ze, is met ’n koe­voet op die lyf ge­slaan.

Die eg­paar moet al­bei an­ti­re­tro­vi­ra­le mid­dels ge­bruik na­dat hul­le vir MIV-toet­se ge­gaan het.

“My oud­ste dog­ter­tjie (9) is ’n held. Toe die eer­ste skoot klap, het sy haar sus­sie (3) ge­gryp, hul­le in ’n kom­bers toe­ge­rol en on­der ’n bed weg­ge­kruip.”

Holtzhausen se ma, Bets (68), is Vry­dag be­gra­we na­dat sy aan ’n hart­aan­val dood is.

Fa­mi­lie­le­de van haar, Hen­nie (71) en Vic­ky Be­ar (78), het ná die be­graf­nis by die Holtz­hau­sens oor­nag.

“Ons het wak­ker ge­skrik toe ons Yorks­hi­re-ter­ri­ër, wat op die bed slaap, ge­knor het. Die in­bre­kers was toe reeds in die huis,” sê Holtzhausen.

Hy het la­ter ge­sien die vurk­tand­hei­ning om die huis is ge­breek en ’n skuif­deur is van die spoor af ge­tel.

Die in­bre­kers het klap­mus­se op­ge­had en Holtzhausen met ’n koe­voet op die reg­ter­arm ge­slaan. Hul­le het geld ge­vra.

“Ons het ge­sê daar is nie geld in die huis nie.”

Hen­nie Be­ar het wak­ker ge­word van die ge­raas en is ook deur van die aan­val­lers ge­ta­kel.

“Ek is oor my knieë en op my voe­te ge­slaan. Twee van my toon­na­els moes ver­wy­der word,” sê Holtzhausen.

E­li­ze het be­se­rings aan die lin­ker­arm, knieë en op haar bou­de en bo­be­ne op­ge­doen soos sy ge­slaan is. Sy het ’n klap­mus van een van die mans se ge­sig af­ge­trek.

Een van die man se mak­kers het in A­fri­kaans vir E­li­ze ge­sê: “Los hom, ek gaan jou met ’n mes steek.”

Be­ar was ook in ’n ver­be­te stryd ge­wik­kel met van die ro­wers wat ’n pis­tool teen sy kop ge­druk het.

Ter­wyl E­li­ze, Hen­nie en Vic­ky aan­ge­rand is, het die an­der mans die huis ge­plun­der. Van Vic­ky se vin­gers is ge­breek toe sy pro­beer te­rug­veg het.

Holtzhausen kon in die har­war los­ruk en het sy pis­tool uit ’n kluis gaan haal. Hy het twee sko­te in die sit­ka­mer ge­skiet.

“Ek kan nie be­skryf hoe erg dit was nie, maar ek moes dit uit self­ver­de­di­ging doen.”

Die vier an­der in­bre­kers het ge­vlug.

Die po­li­sie het op ’n rug­sak af­ge­kom waar­in ge­steel­de sel­fo­ne, beur­sies, iPads en die twee kin­ders se hor­lo­sies was.

Holtzhausen sê sy oud­ste dog­ter is erg ge­trau­ma­ti­seerd en wei­er om te­rug te gaan na die huis.

“Ons is ge­trau­ma­ti­seerd deur my ma se dood en toe ge­beur die huis­roof­tog boon­op.”

Die ge­sin sal be­ra­ding kry. Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, ’n po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, sê dit is stan­daard­pro­se­du­re om klag­te van po­ging tot moord en moord te o­pen na­dat ie­mand in ’n skie­te­ry ge­wond of dood is. Die po­li­sie on­der­soek ook ’n klag van ge­wa­pen­de huis­roof.

Mo­le­ko sê so­dra die po­li­sie se on­der­soek vol­tooi is, sal die dos­sier na die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag ge­stuur word wat sal be­sluit of ie­mand ver­volg word.

Ek kan nie be­skryf hoe erg dit was nie, maar ek moes dit uit self­ver­de­di­ging doen.

— CHRIS HOLTZHAUSEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.