Lua bly by ou­ma ná ge­sin dood is

‘Ons sal sorg dat sy lek­ker kin­der­ja­re het’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Lua S­trei­cher, die agt­ja­ri­ge mei­sie wie se ou­ers en boe­tie Sa­ter­dag in ’n on­ge­luk na­by P­ha­la­bor­wa dood is, is “ver­stom­mend be­re­de­neerd en oop­kop” oor die ver­lies van haar ge­sin, sê haar ou­ma.

Lua se ou­ers, Frank en Ce­le­sté, en haar boe­tie, Fran­ko (6), is Sa­ter­dag­mid­dag dood toe hul Toyo­ta Pra­do op pad te­rug van ’n Bul­le­tjie­rug­by­dag in Let­si­te­le teen ’n vrag­mo­tor ge­bots het.

Li­nisè Jan­se van Vuur­en (19), ’n leer­ling­on­der­wy­ser wat saam met hul­le ge­ry het, is ook dood. Jan­co O­ber­hol­zer, ’n maat­jie van Fran­ko, is be­seer.

Lua het saam met an­der men­se ge­ry.

Sy woon nou by Her­na S­trei­cher, haar ou­ma aan va­ders­kant, in P­ha­la­bor­wa. S­trei­cher het gis­ter ge­sê hul­le is ’n heg­te fa­mi­lie en al­mal gaan baie mooi na Lua kyk en haar fyn dop­hou weens die om­stan­dig­he­de.

“Sy is ’n baie slim mei­sie. Sy werk dit in haar kop uit. Dis ver­stom­mend dat sy as agt­ja­ri­ge so oop­kop kan re­de­neer.

“Ons sal sorg dat sy sta­bie­le, lek­ker kin­der­ja­re het. Sy sal met vlie­ën­de vaan­dels deur hier­die ding kom.”

S­trei­cher sê Lua het die on­ge­luk nie sien ge­beur nie. Die men­se saam met wie sy ge­ry het, het eers die­sel gaan in­gooi voor­dat hul­le na P­ha­la­bor­wa ver­trek het. Die Pra­do het so­wat 30 km van P­ha­la­bor­wa, op die Gra­ve­lot­te-pad, teen ’n vrag­mo­tor ge­bots wat van voor ge­kom het. Toe Lua-hul­le daar aan­kom, was daar al ver­skeie an­der mo­tors.

Frank (41) het vol­gens sy broers­kind van P­ha­la­bor­wa, ook Her­na S­trei­cher, so­wat 12 jaar lank ’n fi­si­o­te­ra­pie­prak­tyk in P­ha­la­bor­wa ge­had en Ce­le­sté (40) was so­wat tien jaar lank ’n on­der­wy­ser. Ce­le­sté het tot voor haar dood by die La­er­skool P­ha­la­bor­wa skool­ge­hou.

Sy sê Fran­ko het Sa­ter­dag sy eer­ste drie ge­druk toe hy Bul­le­tjie­rug­by ge­speel het.

S­trei­cher sr. sê Ce­le­sté was ’n ster-on­der­wy­ser. Die aand voor die on­ge­luk het Ce­le­sté by ’n kon­sert aan haar skoon­ma ge­sê: “Ek is so lief vir die kin­ders.”

Frank het vol­gens sy ma ook gees­drif vir sý werk as fi­si­o­te­ra­peut ge­had.

“Hy het daar­van ge­hou om men­se ge­sond te sien. Hy het vir my ge­sê dis nie net men­se met geld wat ge­sond wil word nie. Dis ook arm men­se, al kry hy nie geld vir sy diens­te aan hul­le nie.”

’n Rou­diens vir die ge­sin word Sa­ter­dag 12:30 van­uit die NG kerk P­ha­la­bor­wa ge­hou. Twee gees­te­li­ke men­tors van Frank sal die diens lei.

Vol­gens S­trei­cher sr. gaan Frank, Ce­le­sté en Fran­ko ver­as word, soos hul­le in hul tes­ta­ment ver­soek het.

“Hul­le wou vol­gens die tes­ta­ment ook hul or­ga­ne skenk, maar ons aan­vaar dat dit te laat was hier­voor.”

Vol­gens S­trei­cher jr. is Jan­co in ’n sta­bie­le toe­stand in die Me­di­cli­nic T­za­neen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.