Pa­rys­moord­ver­hoor: SAUK wil dit uit­saai

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die moord­ver­hoor van ses mans van Pa­rys is gis­ter in die rond­gaan­de hof tot van­dag uit­ge­stel han­gen­de ’n drin­gen­de hof­aan­soek deur die SAUK om die ver­hoor op te neem en uit te saai.

Ad­vv. Ter­ry Mo­tau en S­tu­art S­cott het dié aan­soek gis­ter ge­bring.

Kai­zer K­ga­ny­a­go, SAUK­woord­voer­der, sê die uit­saai­er meen dit is in die o­pen­ba­re be­lang om die ver­hoor uit te saai.

Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (47), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19), Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23) en Cor Log­gen­berg (20) word van die moord op Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba aan­ge­kla.

T­jixa en Ju­be­ba het Boe­ta se pa, Loe­die sr., glo ver­le­de jaar op 6 Ja­nu­a­rie op sy plaas in die Wei­veld-ge­bied bui­te Pa­rys aan­ge­val.

T­jixa en Ju­be­ba is deur die mans in heg­te­nis ge­neem, maar is la­ter die aand dood.

Die mans se reg­span het gis­ter ge­sê hul­le staan die SAUK se aan­soek teen en glo nie dit is in

be­lang van ge­reg­tig­heid nie.

Die staats­aan­kla­ers, ad­vv. Ja­bu­la­ni Mlotshwa en San­di­le

Mt­hethwa, het bui­te die hof ge­sê hul­le gaan die SAUK se aan­soek nie teen­staan nie.

Loe­die van der West­hui­zen jr. word saam met sy pa, Boe­ta, sy swa­er Mie­la Jan­sen van Vuur­en en nog drie mans van moord aan­ge­kla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.