On­der­wys sê skool swyg oor lol­le­ry

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die ver­hoor van ’n sport­af­rig­ter en kos­huis­be­amp­te wat glo 20 leer­lin­ge aan ’n Jo­han­nes­burg­se seun­skool sek­su­eel ge­teis­ter het, be­gin mô­re.

Die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment be­skul­dig Park­town Boys’ High S­chool daar­van dat hy die be­weer­de sek­su­e­le teis­te­ring ver­le­de jaar nie aan­ge­meld het nie.

Die de­par­te­ment het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy het eers daar­van ver­neem toe die saak o­pen­ba­re ken­nis ge­word het. “Die skool se ver­suim om die erns­ti­ge be­we­rings aan te meld is ’n po­ging om die saak on­der die mat in te vee.”

Die skool sê eg­ter hy het op 3 No­vem­ber van die be­weer­de teis­te­ring be­wus ge­word en die de­par­te­ment die vol­gen­de dag in­ge­lig. Die 22-ja­ri­ge ver­dag­te is die­self­de dag vas­ge­trek.

Vol­gens Ni­cho­las G­rey­ling, voor­sit­ter van die be­heer­lig­gaam, het die skool­be­stuur die aand van 3 No­vem­ber kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal ge­sien wat wys hoe die kos­huis­be­amp­te “on­van­pas­te fi­sie­ke kon­tak” met leer­lin­ge in die kos­huis het.

Een van die ou­ers het by die skool ge­kla.

G­rey­ling sê in ’n ver­kla­ring hy is on­mid­del­lik daar­van in ken­nis ge­stel.

“Die skool het die man be­let om die skool­ter­rein te be­tree han­gen­de ’n on­der­soek, maar hy het sum­mier be­dank.”

Hy sê die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment is op 4 No­vem­ber in­ge­lig en ’n ver­teen­woor­di­ger van die de­par­te­ment se siel­kun­di­ge diens­te is na die skool ge­stuur.

Sers. M­du­du­zi Zon­do, po­li­sie­woord­voer­der, sê die ver­meen­de slag­of­fers is tus­sen 15 en 16 jaar oud. Die man is op borg­tog vry­ge­laat en sy ver­hoor be­gin mô­re.

Die de­par­te­ment het die voor­val al in Fe­bru­a­rie aan Beeld be­ves­tig son­der om die skool se naam te noem.

Prof. El­da de Waal, on­der­wys­reg­ken­ner aan die Noord­wesU­ni­ver­si­teit se Edu-Rig­ht-na­vor­sing­sen­ti­teit op die Pot­chef­stroom­kam­pus, het gis­ter ge­sê: “Dit is nie nou die tyd om ha­re te kloof oor wan­neer en wie van wat in ken­nis ge­stel is nie. Die de­par­te­ment moet die saak nou ver­der han­teer en sorg dat die skool en die leer­lin­ge se be­lan­ge op die hart ge­dra word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.