4 a­larms in moord­nag ge­ak­ti­veer

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Vyf maan­de na­dat Mar­tin, Te­re­sa en Ru­di van B­re­da op die De Zal­ze-gholf­land­goed na­by S­tel­len­bosch ver­moor is, het ie­mand by die land­goed pro­beer in­kom deur ’n hei­ning oop te sny.

Só is gis­ter ge­tuig in die ver­hoor van Hen­ri van B­re­da, die ver­meen­de moor­de­naar, in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Van B­re­da ont­ken skuld en sê ’n in­bre­ker het die drie met ’n byl dood­ge­kap.

Adv. Pie­ter Bo­tha, vir Van B­re­da, het Mar­cia Ros­souw, vei­lig­heids­be­stuur­der van die land­goed, gis­ter on­der­vra oor ’n voor­val op 19 Ju­nie 2015, vyf maan­de ná die moor­de, toe die a­larm ge­ak­ti­veer is na­dat dra­de be­ska­dig is, die ka­me­ra af was en ’n gat in die hei­ning ge­sny is.

Ros­souw het ge­ant­woord sy kan nie spe­si­fiek ont­hou wat ten ty­de van dié voor­val ge­beur het nie.

Sy het ge­tuig sy en haar vei­lig­heid­span het op 27 Ja­nu­a­rie, die dag van die moor­de, die vei­lig­heids­ka­me­ras en op­na­mes na­ge­gaan en die hei­ning ge­fyn­kam om te kyk of daar ga­te was waar­deur ie­mand moont­lik by die land­goed kon in­kom.

Sy weet nie hoe ie­mand sou kon in­breek nie om­dat a­larms ge­ak­ti­veer sou word as daar met die hei­ning ge­peu­ter is.

As daar krag­on­der­bre­kings is, hou ’n krag­op­wek­ker die stel­sel aan die werk.

Ná die moor­de is ver­de­re on­der­soek in­ge­stel by die be­heer­ka­mer van die vei­lig­heid­stel­sel, wat in Pa­row is. Daar is be­ves­tig dat vier a­larms in die loop van die aand ge­ak­ti­veer is.

Ros­souw het ge­tuig dit word nie as amp­te­li­ke a­larms ge­sien nie, maar eer­der dat die stel­sel laat weet as daar by­voor­beeld ’n ver­la­ging in die krag­toe­voer in ’n se­ke­re deel van die hei­ning is.

Die ver­hoor duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.