O­nin­ge­vul­de stem­brie­we wys die Fran­se se mis­noeë

Beeld - - Nuus -

Een uit drie Fran­se wou nie tus­sen Em­ma­nu­el Ma­cron óf Ma­ri­ne le Pen as pre­si­dent kies nie.

Met meer as 80% van die stem­me in Son­dag se Fran­se pre­si­dents­ver­kie­sing ge­tel, blyk dit 24,52% van stem­ge­reg­tig­des het nie gaan stem nie.

En so­wat 9% van die stem­brie­we is óf be­derf óf is nie in­ge­vul nie.

“Dié per­sen­ta­sie is hoog vir ’n pre­si­dents­ver­kie­sing,” sê prof. An­ne Ja­dot, do­sent in po­li­tie­ke we­ten­skap aan die U­ni­ver­si­teit van Lor­rai­ne.

Ma­cron van die be­we­ging En Mar­che! het so­wat 66% van die stem­me op hom ver­e­nig teen­oor Le Pen van die Na­si­o­na­le Front se 34%.

Dit is die eer­ste keer se­dert 1969 se pre­si­dents­ver­kie­sing dat min­der men­se aan die twee­de ron­de van die pre­si­dents­ver­kie­sing deel­ge­neem het as aan die eer­ste.

Fran­se kie­sers gee hul mis­noeë met al­bei kan­di­da­te met ’n o­nin­ge­vul­de stem­brief te ken­ne.

“Die teen­woor­dig­heid van die ver­reg­ses in die twee­de ron­de het men­se nie aan­ge­spoor om te gaan stem nie, ver­al in ver­ge­ly­king met wat in 2002 ge­beur het,” sê Ja­dot.

In 2002 het kie­sers na die stem­bus­se op­ge­ruk om Je­anMa­rie le Pen, Ma­ri­ne se ver­reg­se pa, te keer.

Dit is nie van­jaar die ge­val nie, “want daar is geen skok nie – Ma­ri­ne le Pen se teen­woor­dig­heid is ver­wag”.

“Ek weet daar is ver­deeld­heid in ons na­sie wat daar­toe ge­lei het dat men­se vir die ek­stre­me ge­stem het. Ek re­spek­teer dit. Ek ken die woe­de, on­se­ker­heid en twy­fel wat baie van jul­le uit­ge­spreek het. Dit is my plig om dit te hoor,” het Ma­cron gis­ter aan on­der­steu­ners by die hoof­kan­toor van sy be­we­ging in Pa­rys ge­sê.

“Ek sal werk om die ver­hou­ding tus­sen Eu­ro­pa en sy men­se te her­stel,” sê hy.

Fo­to: REUTERS

Em­ma­nu­el Ma­cron, aan­ge­we­se Fran­se pre­si­dent, kom gis­ter by sy be­we­ging se hoof­kan­toor in Pa­rys aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.