Sa­ve dreig ra­de met stap­pe

Beeld - - Nuus -

Die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie Sa­ve our Vaal En­vi­ron­ment (Sa­ve) dreig die Em­fu­le­ni­ en die Ng­wat­he­mu­ni­si­pa­li­teit (Pa­rys) met reg­stap­pe om­dat on­be­han­del­de ri­ool­af­val die laas­te tyd “dag en nag” in die Vaal­ri­vier be­land.

By Ng­wat­he be­land stro­me bloed wat van die slag­pa­le deur Ro­ta­ry­laan vloei ook in die ri­vier, het Mal­colm Plant, voor­sit­ter van Sa­ve, gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Vol­gens hom stroom on­be­han­del­de ri­ool­af­val al et­li­ke dae by die Ri­vie­ra­bui­te­klub, die Bon­ ho­tel en Ri­vie­ra Vil­las tot in die Vaal­ri­vier.

In­wo­ners sê hul­le word naar van die stank wat oor die ge­bied hang, sê Plant. Vol­gens hom pro­beer Em­fu­le­ni al et­li­ke maan­de wa­ter­ en ri­ool­py­pe in die kern van Ve­ree­ni­ging her­stel. Wan­neer die pyp­lei­dings af­ge­se­ël word, loop die on­be­han­del­de ri­ool­wa­ter reg­uit in die Vaal­ri­vier in.

In Van­der­bijl­park vloei on­be­han­del­de ri­ool­wa­ter in ’n stroom in die Riet­spruit en in die Vaal­ri­vier in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.