Klip­pe, koe­ëls vlieg

S­wan­ger vrou glo in buik ge­tref

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu en Si­mon Son­ne­kus

Die po­li­sie het ’n s­wan­ger vrou glo met rub­ber­koe­ëls in die buik ge­skiet ty­dens ’n ge­weld­da­di­ge be­to­ging gis­ter in El­do­ra­do Park, suid van Jo­han­nes­burg.

Vol­gens Den­zil B­lig­naut, lid van die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum, het die vrou in haar tuin ge­staan toe sy raak ge­skiet is, be­rig News24.

Al­bert Ja­cobs sê sy be­jaar­de pa is teen die kop ge­tref ter­wyl hy in die pad ge­loop het.

“Hy was nie deel van die be­to­gers nie.”

Ja­cobs sê die po­li­sie het nie me­die­se hulp ont­bied nie en hy het die am­bu­lans self ont­bied.

“Die stra­te is in ’n ab­so­lu­te nag­mer­rie,” sê B­lig­naut. “Ons suk­kel om me­die­se hulp vir men­se te kry om­dat die am­bu­lan­se die ge­bied nie kan bin­ne­kom nie.”

Ga­ry Andrews (30) sê hy was gis­ter op pad te­rug van ’n win­kel om brood te koop om­dat die win­kels in uit­brei­ding 3 toe was. Hy was so­wat ’n ki­lo­me­ter van die be­to­ging toe die po­li­sie hom van­uit ’n N­ja­la in die been ge­skiet en weg­ge­ry het, sê hy.

“Ek is woe­dend, want ek is on­skul­dig,” het Andrews op die po­li­sie ge­skree. “Ek is nie ge­wa­pen nie. Hoe­kom het jul­le my ge­skiet? Jul­le is laf­aards en kruip ag­ter jul baad­jies weg.

“Jul­le sien my vir ’n gek aan. Hoe­kom skiet jul­le op on­skul­di­ge men­se?”

“Jul­le skiet op kin­ders. Wees mans ge­noeg en klim uit die voer­tuig. Dis nie Ma­ri­ka­na nie. Ek is nie dom nie.”

Andrews het die naam van ’n ser­sant neer­ge­skryf wat glo er­ken het dit was hy wat ge­skiet het, as­ook die N­ja­la se re­gis­tra­sie­nom­mer. Hy wil ’n klag by die po­li­sie aan­han­gig maak.

Be­to­gers het gis­ter die hoof­in­gan­ge na El­do­ra­do Park en F­ree­dom Park met klip­pe en bran­den­de mo­tor­ban­de ver­sper en die po­li­sie met klip­pe ge­gooi. Die N12-wes is by die Goue Hoof­weg-af­rit ge­sluit.

Si­za­ke­le N­ko­si-Ma­lo­ba­ne, Gau­teng­se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, sê twee po­li­sie­le­de is be­seer toe hul­le met klip­pe ge­gooi is.

S­hop­ri­te en S­par in El­do­ra­do Park is ge­plun­der, be­rig eNCA.

Vol­gens die po­li­sie is agt men­se in heg­te­nis ge­neem.

Bon­ga­ni Nxu­ma­lo van F­ree­dom Park, een van die be­to­gers, het ge­sê: “Ons wil hui­se en grond hê. Hul­le (die DA) moet op­hou om vir ons leu­ens te ver­tel.”

Hy sê hul­le is moeg om huur­geld te be­taal en vir hui­se te be­toog. “Ons wil grond hê so­dat ons ’n sta­bie­le le­we kan lei.”

Die be­to­gers dring daar­op aan dat Her­man Mas­ha­ba, Jo­han­nes­burg­se bur­ge­mees­ter, en ’n af­vaar­di­ging hul­le be­soek om hul be­lof­tes na te kom.

To­ny Ta­ver­na-Tu­ri­san, Mas­ha­ba se woord­voer­der, sê die be­to­gings word po­li­ties aan­ge­hits. Die me­tro­raad is daar­toe ver­bind om hui­se vir die stad se in­wo­ners te bou, maar dit gaan ’n ruk duur om­dat die wan­be­stuur van die ver­le­de reg­ge­stel moet word.

Hy sê in­wo­ners moet ge­dul­dig wees, ver­an­de­ring sal kom.

M­zo­ban­zi N­tu­li, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir be­hui­sing, sê hul­le be­sef baie van die in­wo­ners het weens ja­re se diep­ge­wor­tel­de kor­rup­sie in die be­hui­sings­pro­jek ver­troue in die re­ge­ring ver­loor.

“Ons moet tans nood­ge­dwon­ge tot Ju­nie met die vo­ri­ge ad­mi­nis­tra­sie se be­gro­ting en be­plan­ning werk. Om dié re­de vra ons in­wo­ners om ge­dul­dig te wees.”

Po­li­sie­le­de en be­to­gers raak in die sui­de van Jo­han­nes­burg slaags. Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.