‘Ge­weld kan oor­spoel na an­der dor­pe’

Beeld - - Coligny Brand Weer - Sa­rel van der Walt

Die ge­vaar be­staan dat die ge­weld gis­ter in Coligny na an­der dor­pe kan oor­spoel, ver­al as wit men­se uit eie reg op­tree.

So het die po­li­tie­ke ont­le­der T­heo Ven­ter gis­ter ge­sê na­dat ge­weld weer in dié dorp in Noord­wes uit­ge­breek het.

Die ge­weld het be­gin kort na­dat Pie­ter Doore­waard en P­hil­lip S­chut­te, wat daar­van ver­dink word dat hul­le ver­ant­woor­de­lik is vir die dood van Mat­l­ho­mo­la Jo­nas Mos­weu (16) op 22 A­pril, in die land­dros­hof in Coligny op borg­tog vry­ge­laat is.

Die ge­moe­de­re in dié dorp is gaan­de se­dert Mat­l­ho­mo­la se dood.

Ven­ter waar­sku dat “e­mo­si­o­na­li­teit” hoog­ty vier na­dat Mat­l­ho­mo­la se dood voor­af­ge­gaan is deur be­to­gings oor swak mu­ni­si­pa­le diens­le­we­ring.

Die DA, die VF Plus én So­li­da­ri­teit het Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier van Noord­wes, gis­ter daar­van be­skul­dig dat hy met sy uit­la­tings die na­week die vlam­me in Coligny aan­ge­blaas het. Ven­ter stem saam. “Na­tuur­lik het hy ’n groot rol ge­speel, want hy speel in die nar­ra­tief van (pres.) Ja­cob Zu­ma om wit men­se te be­skul­dig.”

Ma­hu­ma­pe­lo het op die seun se be­graf­nis­diens ge­sê die kind is deur wit men­se se toe­doen dood en Coligny is nie die e­nig­ste ras­sis­tie­se dorp in die pro­vin­sie nie.

Ja­c­que­li­ne T­he­o­lo­go, die DA se hoof­sweep in Noord­wes, sê dié par­ty ver­werp Ma­hu­ma­pe­lo se uit­la­tings. Dit het die men­se van Noord­wes op ’n ras­se­grond­slag ver­deel, sê sy.

Sy doen ’n be­roep op Coligny se men­se om kalm te bly en hul­le van ge­weld te weer­hou.

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald, lei­er van die VF Plus, doen ’n be­roep op po­li­ti­ci, ver­al dié van die ANC, om men­se daar­op te wys dat hul­le die reg moet re­spek­teer en nie ras­sis­tie­se en po­pu­lis­tie­se uit­spra­ke soos Ma­hu­ma­pe­lo moet maak nie.

Groe­ne­wald het vroe­ër die dag met lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­hoof, oor die si­tu­a­sie in Coligny ge­praat.

F­lip Buys, voor­sit­ter van So­li­da­ri­teit, sê Ma­hu­ma­pe­lo moet me­de­ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir die van­da­lis­me in Coligny.

Ma­hu­ma­pe­lo het gis­ter­aand ’n be­roep om kalm­te in Coligny ge­doen.

“Ek doen ’n be­roep op die ge­meen­skap van Coligny om nie eie reg te ge­bruik en an­der men­se se ei­en­dom aan die brand te steek nie.”

Fo­to: FE­LIX D­LAN­GA­MAND­LA

Abdul K­hota word ge­troos na­dat sy huis in Coligny aan die brand ge­steek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.