Oeu­vre is teks­tuur van stil­te

Lees is soos deel­na­me aan ri­tu­eel

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Dood en om te sterf is be­lang­ri­ke sleu­tels tot die skry­wer Karel Schoeman se oeu­vre. Cas We­pe­ner, wie se boek oor Schoeman, Die reis gaan in­waarts, eers­daags ver­skyn, bied ’n paar in­vals­hoe­ke tot sy werk.

Oor Schoeman se eer­ste ge­pu­bli­seer­de wer­ke skryf die uit­ge­wer Koos Hu­man: “Die e­nig­ste ma­nu­skrip van hoë ge­hal­te deur ’n vol­ko­me on­be­ken­de skry­wer wat ooit op my les­se­naar be­land het, was van ’n jong man in Bloem­fon­tein: Karel Schoeman.”

Hu­man skryf ver­der dat E.P. du P­les­sis, die des­tyd­se hoof­sub by Hu­man & Rous­seau, ge­vra en uit­ge­roep het: “Wie de hel is dit? Dié man kan skryf!”

Vir sy pro­sa ont­vang hy nie min­der nie as drie keer die Hert­zog­prys. Chris van der Mer­we be­skryf myns in­siens sy po­si­sie bin­ne die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de op tref­se­ke­re wy­se: “In die A­fri­kaan­se pro­sa was daar baie stro­min­ge. Ons het die Se­s­ti­gers ge­had, en die Tag­ti­gers; daar was die mo­der­nis­te en die post­mo­der­nis­te; en dan was daar Karel Schoeman.”

Daar is ve­le le­sers wat met groot waar­de­ring skryf en praat oor sy werk. Self sal ek in hier­die ver­band my eie be­le­we­nis van sy kre­a­tie­we teks­te bin­ne die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de in drie woor­de op­som: “Iets het ge­beur.” Dit is drie woor­de wat ek by hom leen. En tog, tog is daar ook so­veel an­der vir wie sy pro­sa on­toe­gank­lik is. Maar hoe­kom? Wat is dit wat my soos ’n mot na ’n kers aan­trek in sy teks­te en an­der weer nie? Hoe moet ’n mens be­gin?

Te­o­re­ties is die moont­lik­he­de on­be­perk, en die ver­beel­ding aar­sel, oor­wel­dig deur die oor­vloed wat hom aan­ge­bied word.

Be­ter is dit mis­kien om die vraag op ’n meer kon­kre­te en spe­si­fie­ke wy­se te her­for­mu­leer en te vra wáár ’n mens moet be­gin.”

Ek be­gin met Schoeman in die kerk­hof.

In ’n dood-ont­ken­nen­de sa­me­le­wing is hy die skry­wer wat dap­per en met diep­gang van­af sy de­buut in 1965 met Veld­slag tot en met Ver­lies­fon­tein in 1998 die te­ma van dood en ster­we ver­ken het. Ek glo ster­we en dood is ’n be­lang­ri­ke sleu­tel tot sy kre­a­tie­we oeu­vre, want dit is deur be­wus­te­lik te re­flek­teer en in die lees van sy wer­ke selfs te me­di­teer op die an­der land van ster­we en dood wat hier­die le­we nuut ge­sien word en le­sers her­in­ner word aan waar hul­le ge­luk­kig was.

Bui­te­stan­der

In ’n tyd van hel­de, voor­spoed en suk­ses was Schoeman by uit­stek die A­fri­kaan­se skry­wer wat klem op die bui­te­stan­der ge­plaas het. Tel­kens is sy hoof­ka­rak­ters bui­te­stan­dui­de­lik ders bui­te die lig­kring.

Hul­le is ka­rak­ters wat nie die kalk­lig op­soek nie, maar van­uit die ska­du­wees waar­neem en so­doen­de juis an­ders en ook meer sien.

In dié ver­band kan die reis­mo­tief in sy teks­te ook ver­meld word, wat be­te­ken dat ka­rak­ters in sy teks­te dik­wels in ’n soort drum­pel­fa­se ver­keer.

Die reis is dan nie al­leen ’n ge­o­gra­fie­se reis nie, maar juis ook ’n gees­te­li­ke reis. In die ont­wik­ke­ling van sy oeu­vre gaan die reis voort­du­rend en die­per in­waarts.

In ’n groot­liks ont­luis­ter­de wê­reld is hy ’n skry­wer wat die wê­reld met sy pro­sa her­be­to­wer.

Sim­bo­liek is van kar­di­na­le be­lang in sy werk, by­voor­beeld die kon­tras­te­ring van lig en don­ker, maar ook sim­bo­lie­se ge­ge­wens wat op ’n rag­fyn wy­se in die teks­tuur van die teks­te in­ge­weef is.

In ’n ra­se­ri­ge wê­reld waar le­sers oor­spoel word met in­lig­ting op so­si­a­le me­dia en boe­ke waar­van die lof be­sing word as “pa­ge tur­ners”, moet die le­ser weet dat daar nie veel in ’n Schoeman-ro­man ge­beur nie.

Sy teks­te het dik­wels, in die woor­de van die dig­ter Tom Gouws, die teks­tuur van stil­te en die ont­wik­ke­ling in die ver­haal ver­loop lang­saam.

Tog, tog is dit juis in die stil­tes waar­in so­veel be­te­ke­nis op­ge­sluit is.

Die re­spek vir tra­di­sie

In ’n li­te­rê­re wê­reld waar ver­nu­wing al­les is en dit ook blyk­baar die groot­ste kom­pli­ment is wat ’n skry­wer kan kry, is Schoeman ’n skry­wer wie se ro­mans van ’n die­pe re­spek vir die tra­di­sie ge­tuig.

Sy be­son­der­se ken­nis van die Suid-A­fri­kaan­se ge­skie­de­nis is waar­de­vol in hier­die ver­band en dik­wels dien dit sy his­to­rie­se wer­ke oor by­voor­beeld Bloem­fon­tein of die Rog­ge­veld-ro­mans soos ’n An­der land en Hier­die le­we.

Re­spek vir die tra­di­sie van die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de is in sy wer­ke en maak dan juis van sy pro­sa­teks­te ba­kens wat ge­tuig van ’n fyn ba­lans tus­sen tra­di­sie en ver­nu­wing.

In ’n sa­me­le­wing wat vol­gens som­mi­ges te­kens van se­ku­la­ri­sa­sie toon, is Schoeman se ro­mans ge­la­de met at­mos­feer.

Sy fyn waar­ne­ming, ge­deel­te­lik Ne­der­land­se af­koms en kon­tem­pla­tie­we le­we, eers as Chris­ten en la­ter as Boed­dhis, te­sa­me met ’n be­son­der­se vak­man­skap as skry­wer, ver­leen aan sy teks­te ’n teks­tuur wat soms by­kans sa­kra­men­teel van aard is.

In ’n land waar som­mi­ge men­se steeds re­de­lik Eu­ro­sen­tries in hul le­wens­uit­kyk is, is baie van Schoeman se ro­mans in Suid-A­fri­ka ge­wor­tel.

Ja, heel­par­ty van sy vroe­ë­re wer­ke speel in Eu­ro­pa af, maar daar is min skry­wers wat die on­ge­naak­ba­re land­skap van die Vry­staat en Groot-Ka­roo tot so ’n ma­te in hul pro­sa ge­ïn­te­greer het soos Karel Schoeman.

Hier­by kan ook ge­noem word dat sy werk in­der­daad as be­trok­ke li­te­ra­tuur ge­ti­peer kan word. Daar is kri­ti­ci wat van my sal ver­skil en al­leen teks­te soos Na die ge­lief­de land en Om te ster­we sal uit­son­der. Schoeman het eg­ter tra­di­si­o­ne­le A­fri­ka­ner­waar­des uit­ge­daag en in ’n teks soos Ver­lies­fon­tein bied hy ook ’n ge­heel an­der blik op die SuidA­fri­kaan­se Oor­log.

So, wat is die sleu­tel tot die lees van Schoeman se pro­sa? Ja, bo­ge­noem­de as­pek­te en nog veel meer soos wat be­lang­stel­len­des kan na­speur in die werk van ken­ners van Schoeman se pro­sa soos Wil­lie Bur­ger, Ger­rit O­li­vier, Jo­hann Ros­souw, Hen­nie van Col­ler, Chris van der Mer­we, He­li­ze van Vuur­en, Lou­i­se Vil­joen en an­der.

My eie o­pi­nie is dat jy self ten ein­de laas­te die sleu­tel is. Jy as le­ser en jou o­pen­heid, of selfs gas­vry­heid, om uit die teks­te van Schoeman en­ge­le, soms is hul­le doods­en­ge­le, as gas­te te ont­vang.

Om ’n Schoeman-boek te lees, is ver­ge­lyk­baar met deel­na­me aan ’n ri­tu­eel – gee jou­self vol­le­dig daar­aan oor, of glad nie.

So­lank as wat sy werk ge­lees word, word in ons ge­jaag­de en ont­luis­ter­de wê­reld tel­kens weer die moont­lik­heid ge­skep dat “iets” kan ge­beur, dat die uur van die en­gel weer kan aan­breek.

Vir my staan sy kre­a­tie­we oeu­vre in die te­ken van “iets (het) ge­beur”.

■ We­pe­ner is die skry­wer van Dub­bel­fo­to (2013) en Sy­fer­fon­tein (2016). Sy boek oor Schoeman, Die reis gaan in­waarts, ver­skyn oor ’n maand by A­fri­can Sun Me­dia. Hy is hoof van prak­tie­se te­o­lo­gie aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

In ’n tyd van hel­de, voor­spoed en suk­ses was Schoeman by uit­stek die A­fri­kaan­se skry­wer wat klem op die bui­te­stan­der ge­plaas het.

Om ’n S­choe­man­boek te lees, is ver­ge­lyk­baar met deel­na­me aan ’n ri­tu­eel – gee jou­self vol­le­dig daar­aan oor, of glad nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.