Mon­te­ver­di van­jaar ge­vier

Beeld - - Kuns & Vermaak - Hans Huys­sen

Van­dag, 450 jaar ge­le­de, op 9 Mei 1567, is die kom­po­nis Clau­dio Mon­te­ver­di in die Noord-I­ta­li­aan­se dor­pie C­re­mo­na ge­bo­re. Ter­wyl sy naam selfs by lief­heb­bers van klas­sie­ke mu­siek steeds nie al­tyd be­kend is nie, word hy as een in die be­lang­rik­ste kom­po­nis­te van die ge­skie­de­nis er­ken.

As jong san­ger aan die spog­ge­ri­ge Gon­za­ga-hof in Man­tua het hy die ge­leent­heid ge­had om met die bes­te mu­si­ci van sy land te werk en sy vaar­dig­he­de te slyp. In 1613 word hy mu­siek­di­rek­teur van die be­faam­de San Mar­co-ka­te­draal in Ve­ne­sië – een van die ge­sog­ste mu­siek­pos­te van dié tyd.

Leo S­chra­de, een van Mon­te­ver­di se bi­o­gra­we, be­skryf die kom­po­nis as die “skep­per van mo­der­ne mu­siek” weens sy be­dui­den­de by­drae tot die ont­wik­ke­ling van kuns­mu­siek aan die be­gin van die 17de eeu.

As voor­aan­staan­de kom­po­nis on­der die in­vloed van hu­ma­nis­tie­se den­ke, ont­wik­kel Mon­te­ver­di ’n nu­we mu­siek­styl waar­in dis­so­nan­sies nie net toe­laat­baar is nie, maar nood­saak­lik is, om so­doen­de aan mens­li­ke er­va­rings soos pyn, ly­ding of ver­lies ge­loof­waar­di­ge uit­druk­king te kan ver­leen.

Mon­te­ver­di was een van die eer­ste kom­po­nis­te wat “dra­ma­tie­se” pleks van bloot “mooi” mu­siek ge­skryf het. Dit is dus nie ver­ras­send nie dat hy die skep­per van die eer­ste vol­waar­di­ge o­pe­ra is: L’Or­feo (1607).

Oor die he­le wê­reld word daar van­jaar tal­le ge­denk­kon­ser­te en fees­vie­rings ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.