Be­ly­de­nis in S­tar­bucks in ’n vreem­de land

Beeld - - Kommentaar -

In Lon­den met sy Ma­ry Pop­pins-skoor­ste­ne, rooi bus­se en swart taxi’s het die sner­pen­de koue al wat toe­ris is die kof­fie­win­kels in­ge­jaag.

Die e­nig­ste oop sit­plek wat ek in ’n S­tar­bucks kon kry, was by ’n lang toon­bank teen die ven­ster met stoe­le wat soos ’n kroeg s’n lyk.

Links van my het ’n ma en haar ou­er dog­ter ge­sit en regs van my ’n jong B­rit, sy lyf ma­er en se­ning­rig soos ’n ge­droog­de bok­kom, die Dai­ly News tus­sen sy han­de vas­ge­knyp. Sy ge­sig so hart­seer soos ’n ge­kneus­de en ge­tim­mer­de ou Lan­die.

As jou En­gels so goed soos my­ne is, sê jy nie veel in die vreem­de nie. Jy kyk voor jou by die ven­ster uit, tob oor ’n stuk bil­tong (kwan­suis al die pad van Suid-A­fri­ka af) wat in Har­rods R320/kg kos.

Oor­kant die straat staan Vi­r­gin Re­cords in groot rooi let­ters oor ’n ge­bou ge­skryf.

My hand roer die skin­ny lat­te in die be­ker voor my, maar my ge­dag­tes staan voor daar­die groot win­kel, voor daar­die naam waar al­les vir een van die groot­ste mag­na­te ter wê­reld be­gin het.

Ek sit nog so en won­der hoe dit moet voel om jou eie ei­land te be­sit en won­der of ’n skin­ny lat­te rê­rig so­veel min­der ki­lo­jou­les as ’n ge­wo­ne ene het toe die

B­rit hier langs my aan die snuif gaan.

Hy haal ’n sak­doek uit sy broek­sak en vee dit oor sy oë.

Sy woor­de val toe som­mer net so uit die mond: “Her he­art just stop­ped lo­ving me and I don’t know w­het­her I feel sad be­cau­se I miss her or w­het­her I feel sad be­cau­se of the was­ted y­e­ars be­t­ween us . . .”

Ek, ge­van­ge­ne van die koue, moes maar sim­pa­tiek sit en luis­ter.

El­ke jaar as die herfs­bla­re be­gin val, dink ek weer aan daar­die vreem­de­ling se be­ly­de­nis in ’n vreem­de land.

Wat wou die ge­bro­ke B­rit als daar on­der die toon­bank in ’n S­tar­bucks be­gra­we? Het sy hart ge­treur oor al die ver­spil­de vol­maan­aan­de waar­in hy sy lief­de vir haar ver­klaar het?

Oor die ver­spil­de nag­te wat hul­le saam on­der die ster­re ge­lê het en sy vir hom ’n B­ri­an And­re­as-sto­rie voor­ge­lees het:

“We lay the­re and look­ed up at the nig­ht sky and she told me a­bout stars cal­led blue squa­res and red swi­rls and I told her I’d ne­ver he­ard of them. Of cour­se not, she said, the re­al­ly im­por­tant stuff they ne­ver tell you. You ha­ve to i­ma­gi­ne it on your own . . .”

Het hy ge­huil oor die dui­sen­de se­kon­des, ure, dae, maan­de en ja­re wat sy hart vir haar lief was en die harts­pa­sie wat ver­spil is. Sou hy jam­mer voel oor daar­die ja­re op die voet­pad wat hy saam met haar ge­stap het en waar­op hy nie weer oor die­self­de ran­te te­rug kan gaan nie.

Die bla­re aan die bo­me be­gin val en hul­le val son­der be­rou, maar nie vir daar­die En­gels­man nie. Hy was spyt. Spyt oor die ja­re van sy le­we wat hy nie kan te­rug­kry nie. Spyt oor die ver­spil­de toe­wy­ding.

Het sy hart ge­treur oor al die ver­spil­de vol­maan­aan­de waar­in hy sy lief­de vir haar ver­klaar het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.