Die ‘bul­le’ se be­stuur moet waai

Beeld - - Kommentaar - Myn­hardt le Roux

Ek voel dit is tyd dat die he­le be­stuur en af­rig­ting­span van die bul­le (wat ek doel­be­wus met ’n klein­let­ter ge­spel het) moet groet.

Daar is eg­ter ook ’n paar spe­lers wat hul­self moet reg­ruk. Daar is geen toe­wy­ding en drin­gend­heid in hul spel nie.

Pier­re Schoeman kry die bal en in plaas daar­van om met me­ning vo­ren­toe te dryf, word hy deur die 13-sen­ter twee tree te­rug plat­ge­duik.

Met die bul­le so ver ag­ter en be­sig om voor­langs oor­don­der te word, staan Jam­ba U­len­go op vleu­el met al­bei die stut­te en ha­ker aan sy bin­ne­kant. Hy hang in die ag­ter­lyn rond, want hy is te slap of te bang om die Cru­sa­ders van voor te pak.

Ti­aan Schoeman skop af en hard­loop on­mid­del­lik te­rug kwart­lyn toe.

Waar­voor? Daar is mos ’n heel­ag­ter, maar dié moet nou Schoeman se werk gaan doen.

Ver­der koop die bul­le an­der span­ne se “oor­skiet” en ver­loor hul eie ta­lent. In­tus­sen word hul eie voor­ma­li­ge ta­lent groot na­me in an­der rug­by­u­nies.

Ek her­haal se­ker met my brief wat al tel­ke­ma­le ge­sê is oor die bul­le.

Ek het ’n Blou Bul­le­tjie-ser­ti­fi­kaat en is be­reid om gra­tis te kom help, want wrag­tig, ek kan nie ’n gro­ter ge­mors maak as wat daar tans is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.