Me­die­se diens­te word slag­veld

Beeld - - Kommentaar - Kal­lie du P­les­sis, Van­der­bijl­park

Ek bel ’n spe­si­a­lis van ’n hoogs aan­ge­skre­we hos­pi­taal in P­re­to­ria. Sy het ge­sê ek moet haar kon­tak as ek haar drin­gend no­dig het. My bloed­sui­ker het ge­vaar­lik laag ge­val en ek ska­kel en ver­dui­de­lik ons kri­sis aan die ont­vangs­da­me. Sy praat so sag dat ek haar skaars hoor.

Ná twee uur bel ek weer, ek bly vrien­de­lik en ver­dui­de­lik die si­tu­a­sie weer. Nee, ver­dui­de­lik sy, sy mag die dok­ter nie pla ty­dens ’n kon­sul­ta­sie wan­neer sy ’n pa­si­ënt sien nie.

My bloed­sui­ker val tot on­der my en­kels en ek vra of sy die erns van die si­tu­a­sie ver­staan. Sy ver­staan al­les, maar hou vol sy mag die be­si­ge dok­ter nie pla nie.

Ons het dok­ters in Van­der­bijl­park en in ’n nood­ge­val sal hul­le se­ker­lik help, maar wan­neer hul­le hoor jy is eint­lik die pa­si­ënt van ’n spe­si­a­lis in die stad, han­teer hul­le jou soos ’n in­sek.

Die me­die­se diens­te in ons land ont­aard in ’n slag­veld en me­die­se fond­se dra by tot mil­joe­ne men­se se el­len­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.