Sy pen sou SA kon help

Die be­ken­de Suid­A­fri­kaan­se joer­na­lis Nat Na­ka­sa sou van­dees­week 80 jaar oud ge­wees het. An­dré Wes­sels skryf hy het die pen pleks van ’n wa­pen ge­bruik om die gru­wels van a­part­heid te be­lig.

Beeld - - Middelblad -

New York, die groot­ste stad in die Ver­e­nig­de S­ta­te van A­me­ri­ka (VSA). 14 Ju­lie 1965. ’n Jong, swart man van Suid-A­fri­ka staan by ’n ven­ster in die woon­stel van ’n vriend op die se­wen­de ver­die­ping van die ge­bou. Hy klim deur die ven­ster en spring na sy dood. Sy naam was Nat Na­ka­sa. Hy was 28 jaar oud.

Zoe­loe­week­blad

Nat­ha­niel N­da­za­na Na­ka­sa is op 12 Mei 1937 in die C­hes­ter­vil­le-towns­hip net bui­te Dur­ban ge­bo­re.

Hy was die seun en een van vyf kin­ders van C­ham­ber­lain, ’n let­ter­set­ter en skry­wer, en Al­vi­na, ’n on­der­wy­se­res, Na­ka­sa.

Die jong Nat het eers skool­ge­gaan aan ’n na­by­ge­leë Rooms-Ka­to­lie­ke sen­ding­skool, waar­na hy sy skool­op­lei­ding aan die Lut­her­se sen­ding­skool in Es­ho­we vol­tooi het. In­tus­sen het a­part­heid as be­leid al hoe ster­ker in Suid-A­fri­ka be­slag ge­kry.

In 1955 het Na­ka­sa by die Zoe­loe­week­blad Ilan­ga la­se Na­tal (“Die Na­tal­se Son”) be­gin werk. Twee jaar la­ter is hy ge­nooi om hom by die ge­wil­de swart nuus­tyd­skrif Drum in Jo­han­nes­burg aan te sluit.

Met sy pen, no­ta­boek, tik­ma­sjien en 35 mm-ka­me­ra het hy gou be­kend­heid ver­werf as ’n joer­na­lis wat die waar­heid (en ge­loof­waar­dig­heid) na­ge­streef het; vrees­loos ver­slag ge­doen het oor dít wat hy in a­part­heid-Suid-A­fri­ka ge­sien het ter­wyl hy die bit­te­re ge­vol­ge daar­van ook self be­leef het, vas­be­ra­de om al die men­se van Suid-A­fri­ka te dien.

Ja­re ná sy dood sou hier­die ken­mer­ke die maat­staw­we word vir die jaar­lik­se toe­ken­ning van die Nat Na­ka­sa-eer­be­wys vir me­dia-in­te­gri­teit.

Na­ka­sa se skryf­werk het gou selfs in die bui­te­land aan­dag ge­trek en in 1961 het The New York Ti­mes hom ge­vra om ’n ar­ti­kel vir dié koe­rant te skryf. Dit is ge­pu­bli­seer on­der die op­skrif “The hu­man me­a­ning of a­part­heid”.

As toe­ge­wy­de hu­ma­nis was Na­ka­sa ge­kant teen al­le vor­me van on­der­druk­king en hy het hom be­y­wer vir die ont­wik­ke­ling van ’n sa­me­le­wing waar­in al­mal op grond van hul mens­wees en by­drae tot die op­hef­fing van men­se be­oor­deel sou word – en be­slis nie op grond van hul ras nie.

Met uit­da­gen­de ar­ti­kels, soos “Do blacks ha­te whi­tes?” (na aan­lei­ding van on­der­hou­de wat hy met 14 swart men­se, in­slui­tend Al­bert Lut­hu­li, ge­voer het – Drum, No­vem­ber 1958) en “Do whi­tes ha­te blacks?” (on­der­hou­de met 13 wit en twee swart men­se – Drum, De­sem­ber 1958), het Na­ka­sa Suid-A­fri­ka vlym­skerp ont­leed. Pleks van brand­bom­me en wa­pen­ge­weld het Na­ka­sa sy

pen en die daar­uit voort­vloei­en­de woor­de ge­bruik om die gru­wels van a­part­heid te be­lig en die a­part­heid­stel­sel uit te daag.

In 1963 het Na­ka­sa die li­te­rê­re tyd­skrif The Clas­sic tot stand ge­bring om swart skry­wers en dig­ters oor die he­le A­fri­ka heen ’n spreek­buis te gee. Die Se­ne­ga­le­se staats­man (en dig­ter) Le­o­pold Senghor het on­der an­de­re daar­in ge­pu­bli­seer.

Na­ka­sa het ook vir Gol­den Ci­ty Post by­dra­es ge­le­wer en, op uit­no­di­ging van Al­lis­ter S­parks, ru­brie­ke vir Rand Dai­ly Mail ge­skryf.

Har­vard­U­ni­ver­si­teit

In­tus­sen het die Wet op Pu­bli­ka­sies en Ver­maak­lik­heid van 1963 nog meer mag­te aan die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring ver­leen om so­ge­naam­de on­ge­wens­te pu­bli­ka­sies te ver­bied. Na­ka­sa het ge­weet dit sou vir hom al hoe moei­li­ker word om sy joer­na­lis­tiek met eer­lik­heid en in­te­gri­teit in Suid-A­fri­ka te be­oe­fen.

Ge­volg­lik het hy in 1964 aan­soek ge­doen om ’n Nie­man-ge­noot­skaps­beurs, wat hom in s­taat sou stel om aan ’n toon­aan­ge­wen­de joer­na­lis­tie­ke pro­gram aan die Har­vard-U­ni­ver­si­teit in die VSA deel te neem.

Na­ka­sa se aan­soek was suk­ses­vol, maar sy plaas­li­ke aan­soek om ’n pas­poort is deur die Suid-A­fri­kaan­se o­wer­he­de van die hand ge­wys. Om na die VSA te mag reis, het hy be­sluit om ’n ver­trek­per­mit te aan­vaar, maar die im­pli­ka­sie was dat hy sy Suid-A­fri­kaan­se bur­ger­skap moes prys­gee en nie weer na sy ge­boor­te­land sou kon te­rug­keer nie. Hy het in Ok­to­ber 1964 na die VSA ver­trek, min we­ten­de dat die SuidA­fri­kaan­se po­li­sie hom reeds se­dert Mei 1959 dop­ge­hou het en op die punt was om hom vir vyf jaar oor­een­koms­tig die Wet op die On­der­druk­king van Kom­mu­nis­me (van 1950) in te perk.

Ter­wyl hy aan Har­vard stu­deer het, het Na­ka­sa aan an­ti-a­part­heids­pro­tes­op­tre­des in die VSA deel­ge­neem, maar be­vind dat ras­sis­me ook in die VSA teen­woor­dig is, al was dit meest­al sub­tie­ler as in sy ge­boor­te­land.

Teen die ein­de van Ju­nie 1965 het Na­ka­sa die Nie­man Fel­lows­hip­pro­gram suk­ses­vol vol­tooi en in Har­lem, New York, gaan woon.

Hy het ar­ti­kels vir ver­skeie koe­ran­te ge­skryf en be­plan om ’n bi­o­gra­fie van die san­ge­res en bur­ger­reg­te­ak­ti­vis Mi­ri­am Ma­ke­ba te skryf.

Maar hy het huis toe ver­lang, ver­een­saam, gel­de­li­ke pro­ble­me ge­kry en de­pres­sief ge­raak.

Op 12 Ju­lie 1965 het hy aan ’n vriend ge­sê: “I can’t laugh any mo­re, and w­hen I can’t laugh, I can’t wri­te.”

Twee dae la­ter het hy sy le­we be­ëin­dig.

’n Half­eeu la­ter

Nat Na­ka­sa is in die Fer­n­cliff-be­graaf­plaas noord van die New York­se me­tro­po­li­taan­se ge­bied be­gra­we. By­na ’n half­eeu la­ter is sy stof­li­ke oor­skot na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­bring en op 13 Sep­tem­ber 2014 in die C­hes­ter­vil­le-hel­de­ak­ker net bui­te Dur­ban her­be­gra­we.

Oor wat Na­ka­sa al­les kon be­reik het as hy nie op 14 Ju­lie 1965 na sy dood ge­spring het nie, kan net be­spie­gel word. Met sy skryf­werk – wat in die be­stek van net so­wat tien jaar ge­doen is – as maat­staf is dit se­ker nie ver­ge­sog nie om te be­weer dat hy dalk tot een van SuidA­fri­ka se mees voor­aan­staan­de joer­na­lis­te van al­le tye kon ont­wik­kel het en ’n be­dui­den­de rol kon ge­speel het in die land se trans­for­ma­sie.

Hy was im­mers ’n A­fri­ka-re­nais­san­ce-mens en sy tyd ver voor­uit; ’n swart man wat trots was op sy i­den­ti­teit, maar ook ’n nu­we soort mens vir ’n nu­we Suid-A­fri­ka wat nóg aan die wit nóg aan die swart sa­me­le­wing be­hoort het, maar ver­kies het om as’t wa­re tus­sen dié twee wê­rel­de ’n nu­we le­we uit te kerf.

Geen sa­me­le­wing (of in­stel­ling) kan dit be­kos­tig dat men­se wat ’n we­sen­li­ke ver­skil kan maak, ver­ne­der en op sy­spo­re ge­ran­geer word nie. Met die her­den­king van Na­ka­sa se ge­boor­te 80 jaar ge­le­de word Suid-A­fri­ka­ners van al­le ras­se op­ge­roep om weer oor hul ge­meen­skap­li­ke ver­le­de te be­sin en re­ken­skap te gee.

■ Boe­ke van be­lang:

Es­sop Pa­tel (red.), The Wor­ld of Nat Na­ka­sa: Se­lected W­ri­tings of the La­te Nat Na­ka­sa, (Jo­han­nes­burg, 1975); T­heo Zin­de­la, N­da­za­na: The Ear­ly Y­e­ars of Nat Na­ka­sa (Jo­han­nes­burg, 1990).

■ In die Ou Hof­ge­bou-mu­seum in Dur­ban is ’n uit­ste­ken­de uit­stal­ling in ver­band met Nat Na­ka­se se le­we en werk te sien.

■ An­dré Wes­sels is ’n se­ni­or pro­fes­sor en hoof van die de­par­te­ment ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat. Hy skryf in sy per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid.

Nat Na­ka­sa (regs) en Al­bert Lut­hu­li. Fo­to: PE­TER MAGUBANE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.