Teen die bar­re kran­se ’n nu­we be­lof­te

Beeld - - Middelblad - Ger­hard Ver­doorn

Wa­si­ge win­ter­lug lê swaar oor die La­e­veld met ska­me­le son­stra­le wat lus­te­loos oor oer­woud en vlak­te tuur. ’n Berg­haan sweef op dan­sen­de vler­ke oor die bo­me wat hul bla­re aan die win­ter ge­of­fer het waar rooi­bok­ke droë peu­le van die droë grond af peu­sel.

Ma­riepskop troon sta­tig oor die La­e­veld met wit tra­ne van aas­vo­ël­mis oor die die­re wat deur on­tel­ba­re sei­soe­ne dood is.

On­rus­tig­heid hang oor die kran­se waar die groot, wit vo­ëls die koue met ge­pof­te ve­re trot­seer.

Se­dert die son die half­pad­merk in sy wed­loop noor­de toe oor­ge­steek het, bly hul­le na­by die berg, hul so­mers­wer­win­ge na ver­af­ge­leë plek­ke vir eers ver­ge­te.

Op ’n rots­lys teen die kran­se waak een van die wy­fies oor haar nes om die kos­ba­re ei­er teen die y­si­ge lug te be­skerm.

Die be­lof­te van nu­we le­we met sy grow­we dop het twee vol­ma­ne ge­le­de sy plek on­der haar in­ge­neem daar waar die broei­paar al 30 so­mers hul on­ge­kuns­tel­de be­staan voer.

Die groot man­ne­tjie daal met va­dem­wye vler­ke op die rots­lys neer en groet sy wy­fie met sag­te ge­knib­bel in die nek­ve­re.

Sy bek dra nog te­kens van die ge­veg om die ka­meel­perd­kar­kas waar jak­kals en hi­ë­na wou stry oor die ge­stor­we dier se res­te.

’n Le­gi­oen krans­aas­vo­ëls het die vier­voe­ti­ges oor­rom­pel en hul­le kwyl­bek met net be­ne en vel ge­laat voor­dat hul­le weer he­mel­waarts ge­keer het.

Die man­ne­tjie druk sy kop teen die wy­fie se bors maar sy swig nie voor nie ver­soe­king om die nes­waak oor te gee nie.

Hon­ger knaag al dae lank aan haar, maar in­stink an­ker haar teen die kran­se met die on­rus­tig­heid wat die leë krop oor­win.

’n Wit­kruis­a­rend sweef ver­by die kran­se, sy swart ve­re glim­mend in die treu­ri­ge son.

Die twee aas­vo­ëls kyk skaars op na hul me­de-krans­be­wo­ner wat dik­wels saam met hul­le in die berg­win­de speel.

’n Sag­te ge­luid breek uit die nes en die wy­fie hef haar groot lyf op, ver­sig­tig met die groot po­te wat ’n la­er om die ei­er t­rek.

’n Dun kraak breek op die dof­wit dop. Die man­ne­tjie knib­bel aan die dop, maar die wy­fie druk sy groot sna­wel weg.

Piep­ge­lui­de rol saam met die ei­er rond ter­wyl die kui­ken moei­saam sy ge­boor­te in die wê­reld met klein sna­wel en vler­kies for­seer.

Die wy­fie pik ’n stuk­kie dop weg en die kui­ken lig die kop­pie, hy­gend na die win­ter­lug wat hom die vol­gen­de 50 so­mers aan die le­we sal hou.

Sy poot­jies druk die laas­te van die vei­li­ge dop weg en hy sak uit­ge­put op die nes­vloer neer.

Ver­sig­tig vou die wy­fie haar kloue in en sak op die kui­ken neer as die son die boom­top­pe kam op pad na don­ker toe.

Die son sit al hoog as die man­ne­tjie uit­ein­de­lik die waak oor sy nu­we­ling oor­neem. Ve­le aas­vo­ëls het al die kran­se ver­laat en die wy­fie volg hul­le met drif­tig­heid om kos vir haar­self en die nu­we­ling te gaan soek.

Op die rots­lys­te jo­del die klip­lys­ter ’n ode aan die le­we, ter­wyl die wit­kruis­a­rend hoog oor die kran­se die wag hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.