Goeie Nuus

S­plin­ters en stom­pe

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Die 19de eeu­se En­gel­se pre­di­ker C­har­les S­pur­ge­on het ’n ge­woon­te ge­had wat par­ty gods­diens­ti­ge men­se ge­ïr­ri­teer het. Hy het si­ga­re ge­rook.

Een keer het die be­roem­de A­me­ri­kaan­se pre­di­ker D­wig­ht L. Moody hom kom be­soek. Toe S­pur­ge­on met ’n si­gaar in­ge­stap kom, was Moody ge­skok. “Dr. S­pur­ge­on, you are a Chris­ti­an and you smo­ke,” het hy ge­re­a­geer. S­pur­ge­on was nie op sy mond ge­val nie en het da­de­lik ge­ant­woord: “Mr. Moody, you are a Chris­ti­an and you are fat!”

Ons sien mak­li­ker an­der men­se se ge­bre­ke raak as ons eie. An­der se son­des is boon­op el­ke keer mo­re­le ge­bre­ke en ka­rak­ter­fou­te. Ons eie? Wel, hul­le is maar net “ge­wo­ne” fou­te. Men­se ver­staan ons maar net ver­keerd.

Dit is hoe­kom Je­sus ge­sê het ons moet eers die hout­stomp uit ons eie oog haal voor­dat ons an­der men­se se fou­te uit­snuf­fel.

Ja, ons mag en moet me­kaar ver­maan as ons af­wyk van die He­re se pad. Maar ons mag nooit op­hou bid dat die He­re ons blin­de­kol­le vir ons­self sal uit­wys nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.