Raak rus­tig by die ju­weel van die Bos­veld

Beeld - - Bruide -

Mo­na­te Ga­me Lod­ge is ’n vier­ster-be­stem­ming slegs 160 km van­af Cen­tu­ri­on, ge­leë in Lim­po­po op ’n wild­plaas van by­kans 2 000 ha. Mo­der­ne, luuk­se en sui­te-ka­mers ver­wel­kom jou met al die ge­rie­we wat no­dig is om heer­lik te ont­span. Twee luuk­se-een­he­de, S­ku­ku­za en S­hing­we­d­zi, bied ak­kom­mo­da­sie vir vier men­se elk, so­wel as ’n klein swem­bad op die dek vir die­ge­ne wat ’n bie­tjie meer pri­vaat­heid ver­kies.

Die lod­ge self bied twee swem­bad­dens, twee ja­cuz­zi’s, mi­ni-gholf­baan en op­si­o­ne­le spa­be­han­de­lings. Wil­drit­te word daag­liks aan­ge­bied on­der lei­ding van ge­kwa­li­fi­seer­de gid­se. Mo­na­te Ga­me Lod­ge huis­ves leeus, buf­fels, see­koeie, kro­ko­dil­le, ka­meel­per­de, se­bras, ’n ver­skei­den­heid bok­spe­sies en is ’n vo­ël­ky­kers­pa­ra­dys.

In­druk­wek­ken­de e­tes word be­dien in on­der meer ’n na­tuur­li­ke grot en ’n in­tie­me bos­bo­ma en be­loof om een van die ve­le hoog­te­pun­te van el­ke be­soek te wees.

’n Aan­loop­baan en he­lipad is be­skik­baar vir gas­te se ge­bruik. Die lod­ge is ook baie ge­wild vir trou­es en kon­fe­ren­sies. ■ Die wen­bruid kry twee nag­te vir twee men­se in die Mo­na­te Ga­me Lod­ge se de­luxe-een­heid ter waar­de van R18 000. Dit sluit wil­drit­te en al­le maal­tye in.

■ Die naas­wen­ner kry twee nag­te vir twee men­se in die wit­te­brood­sui­te ter waar­de van R8 800.

■ Die bruid in die der­de plek kry twee nag­te vir twee men­se in ’n luuk­se ka­mer, ter waar­de van R8 800. Wil­drit­te en e­tes is in­ge­sluit vir die naas­wen­ner en bruid in die der­de plek. Dran­kies en ver­voer na en van Mo­na­te is uit­ge­sluit.

■ Be­soek mo­na­te­lod­ge.com, stuur e-pos aan in­fo@mo­na­te­lod­ge.com of ska­kel 014 718 7000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.