Rand en ef­fek­te stort nie in­een

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker Fin24

Dis net meer as ’n maand se­dert Suid-A­fri­ka se staat­skuld wat in die bui­te­land uit­ge­reik word deur twee kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe tot rom­mel af­ge­gra­deer is, maar nóg die rand nóg staats­ef­fek­te het in­een­ge­stort.

Bui­te­land­se ge­beu­re het steeds die groot­ste im­pak op wat met die rand en die be­leg­gings in Suid-A­fri­kaan­se staats­ef­fek­te ge­beur.

Da­ve Mohr, hoof­be­leg­ging­stra­teeg, en I­zak O­den­daal, be­leg­ging­stra­teeg van Old Mu­tu­al Mul­ti-Ma­na­gers, meen dit is deels om­dat baie van die po­li­tie­ke ri­si­ko reeds in plaas­li­ke ba­tes in­ge­prys is en om­dat in­ter­na­si­o­na­le ge­beu­re baie gou die aan­vank­li­ke re­ak­sie ver­berg het.

“In­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers het mil­jar­de ran­de se plaas­li­ke ef­fek­te ge­du­ren­de Maart en A­pril ge­koop, en die ka­bi­net­s­kom­me­ling en gra­de­rings­a­gent­skap­pe het soos wa­ter van ’n eend se rug ge­loop,” sê hul­le in ’n ont­le­ding oor waar Suid-A­fri­ka ’n maand ná rommelstatus staan.

Die JSE se in­deks van al­le aan­de­le het ver­le­de Dins­dag sy hoog­ste vlak in 11 maan­de be­reik en die hoog­ste vlak die jaar toe dit op 53 915,64 ge­sluit het, ef­fens te­rug­ge­deins, maar gis­ter 17 pun­te of 0,2% tot

53 696 in­deks­pun­te ge­styg.

Die im­pak van in­ter­na­si­o­na­le ge­beu­re op die plaas­li­ke geld­een­heid is ook gis­ter ge­sien toe die rand aan­vank­lik ver­sterk het, maar die dag 18c of 1,4% tot R13,61 ver­swak het.

Dit is ten spy­te van mark­ont­le­ders wat vroeg­og­gend ge­dink het die rand be­hoort te ver­sterk ná die oor­win­ning van Em­ma­nu­el Ma­cron Son­dag in die Fran­se pre­si­dents­ver­kie­sing.

Die rand het soos an­der geld­een­he­de ver­swak na­dat be­leg­gers wins uit die lo­pie die af­ge­lo­pe

twee we­ke ge­neem het.

Die rand het skerp ver­sterk twee we­ke ge­le­de toe dit ge­lyk het of Ma­cron gaan wen.

Dit het in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers wê­reld­wyd hoop ge­gee dat ra­di­ka­le po­li­ti­ci nie die oor­hand kry nie en die ap­tyt vir ri­si­ko laat toe­neem nie.

An­na­bel Bis­hop, e­ko­noom van In­ves­tec Bank, het in ’n voor­uit­sig oor die rand ge­sê die in­ter­na­si­o­na­le soek­tog na op­brengs­te het die mees­te van die on­mid­del­li­ke im­pak van die af­gra­de­rings teen­ge­werk, maar die rand gaan waar­skyn­lik wis­sel­val­lig bly.

La­er hulp­bron­pry­se het ook ’n im­pak op die rand ge­had.

Hulp­bron­aan­de­le en hulp­bron­in­dek­se op die JSE het ook gis­ter la­er ge­sluit.

Hulp­bron­aan­de­le is af­ge­trek ná die nuus dat C­hi­na se in­voer­groei vin­ni­ger ver­lang­saam het in A­pril as wat ver­wag is, het be­rig.

Mohr sê die e­ko­no­mie­se voor­uit­sig­te het die af­ge­lo­pe maand nie veel ver­an­der nie.

“Dis te pes­si­mis­ties om nou te ver­wag dat die e­ko­no­mie weens die ver­an­de­ring in die kre­diet­gra­de­ring ’n re­ses­sie sal in­gaan.”

Hy sê die e­ko­no­mie­se in­lig­ting wat uit­ge­reik is, is van ’n tyd­perk voor die af­gra­de­ring.

Drie e­ko­no­mie­se sy­fers wat ná die af­gra­de­ring uit­ge­reik is, is eg­ter skerp la­er, wat op ’n da­ling in die ver­troue van ver­brui­kers en sa­ke­lui kan dui.

Dit sluit in nu­we voer­tuig­ver­ko­pe en aan­ko­pe deur die pri­va­te sek­tor. Hy sê die goeie nuus is dat die in­fla­sie­voor­uit­sig­te al hoe meer ver­be­ter.

Die ver­brui­kers­in­fla­sie het in Maart tot 6,1% ver­lang­saam en kernin­fla­sie het be­te­ke­nis­vol tot on­der 5% ver­lang­saam.

Teen dié ag­ter­grond gaan die Re­ser­we­bank waar­skyn­lik ren­te­koer­se vir die groot­ste deel van die jaar on­ver­an­derd hou.

Weens ver­skeie bui­te­land­se fak­to­re sit ken­ners en sa­ke­prak­ti­syns en wag vir die storm rond­om die on­lang­se af­gra­de­ring van Suid­A­fri­ka se staat­skuld om uit­ein­de­lik te breek. Voor­stel­ling: PIXABAY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.