Men­se van buur­sta­te kom kui­er al hoe min­der in SA

Beeld - - Sake Nuus -

Al hoe min­der men­se uit Suid­A­fri­ka se buur­lan­de be­soek die land as toe­ris­te. Dié af­na­me is so groot dat Suid­A­fri­ka se toe­ris­me­be­dryf in Fe­bru­a­rie vir die eer­ste keer in maan­de in ge­heel met 3,5% op ’n jaar­grond­slag ge­krimp het.

Die jong­ste toe­ris­me­sy­fers wat gis­ter deur S­ta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka (SSA) be­kend ge­maak is, toon dat 9% min­der be­soe­kers uit lid­lan­de van die Sui­der­A­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap (SAOG) die land in Fe­bru­a­rie be­soek het. Be­ soe­ker­ge­tal­le uit dié ge­bied het ook in Ja­nu­a­rie met 0,2% ge­daal.

Hoe­wel die mees­te be­soe­kers steeds uit Zim­bab­we kom

(137 023), was daar ’n 7%­da­ling se­dert Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar.

Toe­ris­te van an­der A­fri­ka­lan­de het met 3,5% tot 15 149 toe­ge­neem.

Wat oor­se­se toe­ris­te be­tref, lyk sa­ke be­ter. SSA se sy­fers toon 9% meer oor­se­se toe­ris­te het die land in Fe­bru­a­rie be­soek.

Soos in Ja­nu­a­rie was die groot­ ste toe­na­me on­der Fran­se toe­ris­te. Die 19 318 toe­ris­te wat hier kom va­kan­sie hou het, was 33,6% meer as ’n jaar ge­le­de.

24,6% meer S­we­de (7 480) en 12% meer Duit­sers (40 084) het die land be­soek. Soos in Ja­nu­a­rie was die mees­te oor­se­se be­soe­kers B­rit­te (53 990).

SSA se sy­fers toon 96% van die be­soe­kers kom hou va­kan­sie, teen­oor 2,9% wat vir sa­ke­doel­ein­des hier was en 1,0% vir stu­die­doel­ein­des. – El­vi­ra Wood

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.