Ang­loGold be­táál vir vei­lig­heid

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Ang­loGold As­han­ti se stre­we na be­ter vei­lig­heid het hom duur te staan ge­kom.

Die Suid-A­fri­kaan­se be­dry­wig­he­de van die myn­maat­skap­py wat die diep­ste my­ne ter wê­reld be­dryf, het ver­al swaar ge­trek.

Die maat­skap­py het in die al­ge­meen ’n 59%-da­ling tot $93 mil­joen in kon­tant­in­vloei vir die kwar­taal tot ein­de Maart teen­oor ’n jaar ge­le­de er­vaar.

Dié da­ling word toe­ge­skryf aan $76 mil­joen-be­dryfs­ka­pi­taal wat be­stee is, ’n toe­na­me in la­e­graad­se erts wat ont­gin is en ’n $60 mil­jard-toe­na­me in kon­tant­be­ste­ding.

Die maat­skap­py sê be­dry­wig­he­de in Suid-A­fri­ka het af­ge­neem, aan­ge­sien ’n gro­ter fo­kus op die vei­li­ge aan­vang van pro­duk­sie ná die tra­di­si­o­ne­le slui­ting in die Kers­tyd lan­ger as ge­woon­lik ge­duur het.

Die si­tu­a­sie is ver­er­ger deur on­der­bre­kings in die vier­de kwar­taal van 2016, la­e­graad­se erts wat ont­gin is, on­sta­bie­ler grond, spe­si­fiek by die TauTo­na- en Mo­ab K­hotsong-myn, en on­ge­reg­ver­dig­de af­wy­kings van myn­plan­ne, ver­al in die eer­ste kwar­taal van 2016.

Be­dryfs­kos­te het met 15,8% tot $813 per fyn­ons die hoog­te in­ge­skiet.

Die maat­skap­py het steeds skuld van $2,05 mil­jard.

Wat vei­lig­heid be­tref, het die maat­skap­py wel ’n nu­we re­kord aan­ge­te­ken deur vir die eer­ste keer nie ’n sterf­te in ’n jaar se eer­ste kwar­taal te hê nie. Sy nu­we vei­lig­heids­re­kord is nou 282 dae son­der sterf­tes by sy my­ne. Dit is 40 dae lan­ger as sy vo­ri­ge re­kord in 2014. Dit be­te­ken die Suid-A­fri­kaan­se my­ne het geen sterf­tes in 5 mil­joen ag­ter­een­vol­gen­de skof­te ge­had nie.

Ang­loGold se aan­deel­prys was gis­ter­mid­dag by­na 3% la­er op R146,29.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.